Geen beurtkrag vir Donderdag beplan

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het gesê daar word sover geen beurtkrag vir Donderdag beplan nie.

“Alhoewel beurtkrag nie tans beplan word nie, kan dinge nog verander,” het ʼn mediawoordvoerder van Eskom gesê. “Enige versteurings wat mag voorkom, kan dalk tot beurtkrag lei.”

Eskom het in ʼn bulletin wat Maandag aan sy werknemers gestuur is, gesê daar is ʼn groot risiko dat beurtkrag Donderdag en Vrydag kan voorkom.

Die kragvoorsiener sukkel sedert die begin van November om die ligte aan te hou sedert die ineenstorting van een van sy steenkoolsilo’s by die Majuba-kragstasie in Mpumalanga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Paplepel ·

Ek vermoed daar gaan weer bonusse uitgedeel word omdat hulle so goed was om die ligte aan te hou?

zahn ·

Ek sal dit waardeer as Maroela ons op hoogte kan hou van die ondesoek hoekom die Silo ineengestort het..

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek glo niks wat Liegkom se nie , want hulle is te vrotsig om dienste te lewer , finish en klaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.