Geen beurtkrag vir Maandag beplan

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat daar landswyd na verwagting geen kragonderbrekings sal voorkom weens die steenkoolsilo wat by die Majuba-kragstasie in Mpumalanga ineengestort het nie.

“Daar gaan geen beurtkrag vandag toegepas word nie,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, gesê. “Ons kon steenkooltoevoer herstel na twee van die ses eenhede by Majuba. Die kragstasie werk teen ʼn derde van sy normale kapasiteit.”

Etzinger het gesê alhoewel beurtkrag nie Maandag toegepas gaan word nie, die kragstelsel steeds onder druk is en verbruikers word versoek om elektrisiteit vir die res van die week spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jannie ·

Sal net graag wil weet hoe bepaal hulle beurt krag. Ons krag was vir 2 ure af, maar vanogend by die werk moes ek hoor ander plekke het glad nie beurt krag gehad nie, daar is plekke wat 8 en 5 minute beurt krag gehad het. Dink eerder hier is n groot probleem met die bedryf van Eskom aan die gang.

Anton ·

Dit is n feit Jannie hulle weet nie wat hulle doen nie hulle wbsite se daar is onderbrekings maar sy edele Andrew Etzinger se daar is nie vandag beurt krag nie indien hulle al 20 jaar terug vir die witmense geluister het en begin kragstasies bou het was daar nie vandag n probleem nie maar toe gaan kanseleer hulle projekte teen enorme boetes nou sit ons as zuma hoes sit ons sonder krag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.