Geen beurtkrag vir Maandagoggend verwag

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Eskom het Maandag gesê daar word geen beurtkrag vir die oggend beplan nie, aangesien die sukkelende kragvoorsiener genoeg opwekkingsvermoë het om aan die vraag na elektrisiteit te voldoen.

Eskom het egter gesê die kragnetwerk gaan na verwagting onder druk wees teen spitstyd later die dag, tussen 17:00 en 21:00, wanneer die vraag na elektrisiteit vermeerder.

“Aangesien Suid-Afrika tans kouer weerstoestande oor die hele land ervaar, doen ons ʼn beroep op verbruikers om energiedoeltreffende maniere om warm te bly te oorweeg,” het Eskom gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bruno Stef ·

Ons pensioenarisse het eenvoudig net nie die kapitaal om die somtyds buitensporige elektriseteits rekeninge te betaal nie.My voorstel aan my mede ouer geslag is KRUIP MAAR DIEP IN JOU VELKOMBERS IN en DOE – DOE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.