Geen beurtkrag vir res van die week

Eskom (Foto: ANA)

Eskom het Donderdagoggend aangekondig dat geen beurtkrag in dié stadium vir die res van die week beplan word nie.

Dié besluit is weens noodreserwes wat Donderdag in werking gestel is om te verseker dat daar voldoende opwekkingskapasiteit is om elektrisiteit vir die res van die week te voorsien.

Volgens die kragvoorsiener is die probleme by die steenkoolkragsentrales wat deur oorstromings veroorsaak is, herstel. Hulle kan wel nog nie die volle kapasiteit lewer nie. “Twee betroubare eenhede sal Donderdag aanlyn kom om te verseker die stelsel verloop seepglad vir die res van die week,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

Die verlies van 11 780 MW uit die stelsel was weens onbeplande instandhoudingswerk en meganiese probleme wat Woensdagmiddag opgeduik het. “Ons span werk hard om dié soort meganiese probleme hok te slaan en ook ons huidige kapasiteit ʼn hupstoot te gee.”

Eskom is verlede jaar gedwing om beurtkrag in werking te stel ná opwekkingseenhede die gees gegee het weens onvoldoende onderhoud oor die jare. Fase 2-beurtkrag is toegepas om die 2 000 MW te spaar. Verlede jaar moes dié kragvoorsiener drastiese stappe doen om fase 6-beurtkrag in te stel weens verdere tegniese probleme.

Eskom het Dinsdag ook volgehou dat berigte oor die instelling van fase 8-beurtkrag vals is.

“Ons monitor die kragsisteem noukeurig en sal die publiek op die hoogte hou indien iets op kort kennisgewing verander.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Christo ·

GROOT prestasie……ESKOM kan die krag vir die res van die week aanhou. Is dit nou tot more (Vrydag) of Sondag…..
Die res van die week is net een dag tot Vrydag, of 3 dae tot Sondag……
WAT ‘N BLERRIE GRAP…………………

Tammy ·

Genade!!! Is dit nou n prestasie of is dit deel van die skande! Beurtkrag is n opperste skande!!! Dit bewys die onbevoegdheid om krag te voorsien aan die land. Wanneer gaan die regering optree??? Hulle het seker nie nie plan om die gemors reg te stel nie , anders sou hulle ten minste probeer het.

John ·

Met trane in my oè. Net vanoggend met iemand in Bloemfontein gepraat waar die krag in hul woonbuurt glo laaaank af was, Hou op doppies kraak, Eskom!

Frikkels ·

Dis so snaaks dat beurtkrag nog nie weer ingestel is vandat onse de Ruyter oorgeneem en die liewe mabuza vertrek het nie. Lyk darem of de Ruyter dinge sal kan regtrek, al neem dit ook ñ rukkie.

Frikkels ·

Dis nou ook te sê, as die agbare dokter die regte diagnose maak.

jaco ·

De Ruyter gaan nie lank hou nie, of net daar sit om die image te skep dat regstellende aksie soms selfs in wit mense se guns is.
Maar hy sal nie sy eie ding kan doen nie. As hy net vir sy swart sekretaresse sê “bring van nou af tee om 10.30 en nie meer 10uur nie”, kan sy hom aankla van rassisme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.