Geen beurtkrag Woensdag verwag, maar…

(Foto: pixabay)

Geen beurtkrag word Woensdag verwag nie, hoewel Eskom gebruikers maan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

“Die spaarsamige gebruik van elektrisiteit sal help om die las op die stelsel te verminder en sodoende die risiko vir beurtkrag te verlaag,” sê die kragvoorsiener in ’n verklaring.

Luidens die verklaring bly die stelsel beperk met onbeplande onderbrekings wat Dinsdagaand omstreeks 18:00 op 12 974 MW gestaan het. Eskom se spanne werk onverpoos om dié onderbrekings tot minder as 9 500 MW te beperk om sodoende beskikbare kapasiteit te verhoog.

Die kragvoorsiener stel gebruikers egter gerus dat alle noodkragopwekkers beskikbaar is om kapasiteit aan te vul indien dit deur die dag sou nodig wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lizzy ·

Ons krag gaan nog steeds af die heeltyd, 4 – 6 ure op ‘n slag. Maar daar is geen beurtkrag nie?

NeeBroer ·

Spaarsamig gebruik…

En hier sit ek dag na dag maand na maand jaar na jaar en as ek by my kantoor se venster uitkyk sien ek hoe brand al die straatligte HEELDAG ELKE dag….

Maljan ·

Een sin vir Eskom EEN KW EEN PRYS, OF JY 100KW KOOP IN SOWETO OF 20 000 KOOP IN SEEPUNT!

SjN ·

Geen beurtkrag, dit is hul werk om krag op te wek en verskaf en was ook hul keuse om die beroep te volg en waarvoor hul ruim vergoed word, die woordjie ….maar….sal dan nie nodig wees om te gebruik in berig nie

Ben Geldenhuis ·

Eskom se nuwe, skelm, naam vir Beurtkrag is Load Reduction of Wide Area Outage. Die voordele van die nuwe naam sluit in dat hulle nie skedules hoef af te kondig of vooraf waarskuwing te gee nie en dat daar geen beperking op die aantal ure hoef te wees nie. Slim nê?

Jeanette Beyers ·

As mens aan stuur van ‘n onderneming is en ‘n maandelikse salaris van meer as ‘n miljoen rand verdien, moet mens kennis het en nie verskoning maak as die onderneming nie winsgewend is nie. In my beroep word mens onmiddelik afgedank as mens met geld foute maak. Daar is soveel jong mense met die regte kwalifikasies en ondervinding maar selfs in die parkement word ou mense aangestel. Sulke mense hou nie by met verandering en instandhouding nie. Wat twintig jaar terug gewerk het kan nie nou nog werk nie…die lewe verander en so ook mens se denke. Waarom is Eskom nog steeds nie op standaard na Andre van Nampak en die mediese dokter se aanstelling nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.