Geen beurtkrag Woensdag

(Foto: pixabay)

Beurtkrag sal nie Woensdag ingestel word nie.

Luidens Eskom se daaglikse verklaring kan dié geluk egter moontlik van korte duur wees aangesien beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word, sou daar enige verandering aan die kragstelsel plaasvind.

Die kragvoorsiener sê wel verskeie eenhede is tans weer in werkende toestand en goeie vordering is gemaak om noodreserwes te herstel. Die stelsel bly egter kwesbaar.

Onbeplande kragonderbrekings het vanoggend omstreeks 05:50 op 10 456 MW gestaan.

Eskom wys weereens daarop dat ’n moontlikheid van beurtkrag oor die volgende 18 maande bestaan, weens noodsaaklike instandhoudingswerk.

Mense word gemaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Scalla

Wat n prestasie Eskom, dit is seker hoekom die weer so mooi opsteek by ons.