Geen beurtkrag word verwag nie

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het gesê hy voorsien nie dat beurtkrag Donderdagaand toegepas sal word nie.

“Tot dusver verwag ons nie om enige beurtkrag te skeduleer nie,” het Khulu Phasiwe, woordvoerder vir Eskom, gesê. “Ons versoek gebruikers egter steeds om spaarsamig elektrisiteit te gebruik.”

Eskom het Saterdag fase 2-beurtkrag toegepas om dieselreserwes op te bou en watervlakke te verhoof.

Phasiwe het gesê vyf van die ses eenhede by Majuba produseer 3 000 MW. Een van die eenhede ondergaan instandhouding.

ʼn Steenkoolsilo het verlede jaar by Majuba ineengestort en beurtkrag tot gevolg gehad. Majuba het 1 200 MW aan die begin van die jaar vervaardig.

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het Woensdag aan die parlement gesê Medupi se eenheid 6-turbine word bedryf teen optimale spoed wat beteken dat eenheid 6 na verwagting “binne weke” gesinchroniseer kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rieks ·

Sien is glo! O ja – ons sal seker eers oor die naweek “sien” – tye en datums verander om hulle te pas – so ek sien nie dit nut van hulle sogenaamde skedules nie…

Die enigste mense wat nog glimlag as hulle hoor van “load shedding” is die wat petrol en diesel verkoop…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.