‘Geen bewyse dat buitelanders met noedels peuter’

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Miles Burke/Unsplash)

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) sê hy neem met kommer kennis van bewerings op sosiale media dat die moontlike besmetting van kitsnoedels die toedoen van buitelandse burgers, oftewel onwettige immigrante, is.

Maroela Media het vroeër berig dat ’n dringende ondersoek na die dood van minstens vyf kinders van stapel gestuur is nadat hulle noedels geëet het. Met dié ondersoek wil die departement van gesondheid vasstel of enige produkte onmiddellik herroep moet word.

Luidens ʼn verklaring deur die MRK word buitelanders in boodskappe wat op sosiale media gesirkuleer word, van ʼn gewraakte gepeuter met dié noedels beskuldig.

“Die Kommissie herinner die publiek daaraan dat amptelike bronne soos die gesondheidsdepartement en die Suid-Afrikaanse Polisiediens steeds die moontlike besmetting ondersoek. In hierdie stadium is daar geen bewyse van ʼn moontlike gepeuter of enige verband met besighede in buitelandse besit nie. Indien daar rede tot kommer is, sal die owerhede dit bekendmaak.”

Om dit aan wraak deur buitelandse burgers toe te skryf, sê die MRK, is “onverantwoordelik en ongegrond”.

“Totdat owerhede die oorsaak van die dood van vyf kinders bevestig het, doen die Kommissie ’n beroep op gemeenskappe reg oor die land om te waak teen die onverantwoordelike verspreiding van enige boodskappe wat poog om die sterftes met enige beweerde wraakkomplot te verbind.

“Indien jy boodskappe van hierdie aard ontvang, moet dit asseblief nie aanstuur nie en stel die persoon wat die boodskap gestuur het in kennis dat dit ongegronde bewerings en fopnuus is. Die Kommissie sal voortgaan om die media te monitor en met die owerhede in gesprek te tree om te verseker dat feitelike inligting aan die publiek beskikbaar gestel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jack ·

Die MRK is een van die grootste grappe wat die land opgedis het.Sal nie veel ag slaan op enige iets wat hulle te sê het nie.

Deon ·

Nou hoe lank vat dit hulle om n ondersoek te doen na die oorsaak van iemand se dood?

Asgat ·

So met ander woorde as dit wel die noodles is moet daar tog n’ “brand” wees, ontrek dit onmiddelik en laat die publiek wees om dit eerder nie te gebruik totdat die oorsaak van die vyf kinders se dood bevestig kan word nie. As dit die noodles is en NIEMAND mag weet watter nie gaan daar nog kinders en mense dood gaan????????? En hoe lank kan dit vat om die toetse op die noodles te doen???? Regtig Pateties, as dit nou n’ minister of n’ belangrike ANC lid was, was daardie toetse al lankal gedoen.

Wonder ·

Ek weier om enige noedels nou te koop… Koop nou maar eerder n boks pies vir my kids want hoe anders gaan mens maak… :(

Vernon ·

Is weer ingesmokkelde goed van Afrika af..iemand skep weer!!

Chris dupreez ·

Dit is seker n BEE maak nou sal dit nie bekend gemaak word nie, hulle sal eerder nog kinders laat sterf as wat hulle split op hulle comrades.

dada ·

Sover ek weet was dit ‘n plaaslike “brand” wat net in KwaZulu-Natal beskikbaar is, maar ja sal ook graag wil weet wat die naam van die produk is…

VaalDonkie ·

Ek wens hulle was so besorg oor die mense wat ernstige gevolge na die intentings het.

Casper ·

Die ondersoeke is nog nie eers afgehandel nie en die MRK het klaar tot ‘n gevolgtrekking gekom.Die produk wat die sterftes veroorsaak het moet onmiddelik van die rakke verwyder word en daar moenie gewag word vir ondersoeke om afgehandel te word nie.Hoekom is daar skielik nie meer sterftes aangemeld nie.Buitelanders word klaar geïmpliseer en hier kan vegeldingsaanvalle verwag word.

Delia ·

Ek glo Dat hoe Langer dit vat om met die waarheid uit te Kom hoe Meer gaan gerugte versprei.
Hoe lank Kan dit nou vat om te bepaal of die noedels vergiftig is en van waar dit Kom.

Surfer ·

Hoe lank moet ons wag voordat hulle die “Brand name” bekend maak voor nog mense dood gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.