Geen bewyse dat OB se wag vergiftig is, sê polisie

Openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, spreek die media toe. Sy word bygestaan deur haar adjunk, Kevin Malunga. (Foto: ANA)

Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se bewerings dat een van haar lyfwagte glo te midde van haar ondersoek na bewerings van misbruik van staatsmag en korrupsie skynbaar vergiftig is, is nié waar nie, het die polisie Saterdag gesê.

Mkwebane het Vrydag tydens ’n mediakonferensie waarin sy verdoemende bevindinge teen Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, gemaak het, genoem dat daar vroeër vanjaar gepoog is om ’n lid van haar sekuriteitspan te vergiftig.

“Ja, daar was inligting wat ek ontvang het … [van] ʼn poging om my te vergiftig. Een van my lyfwagte is vergiftig. Daar is gepeuter aan eiendom, maar ek sal nie daaroor uitbrei nie. Maar, inderdaad, daar was verskeie gevalle,” het die openbare beskermer aan joernaliste gesê.

“Ek is die eiendom van die staat. Ek verwag dat die regering my sal beskerm,” het Mkwebane gesê.

Volgens brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, is dit egter nie die geval dat daar gepoog is om haar lyfwag te vergiftig nie.

Naidoo het in ’n verklaring gesê hoewel die polisie dié bewerings in ʼn ernstige lig beskou, daar tot dusver geen bewyse is dat die lyfwag vergiftig is nie.

Luidens die verklaring is geen aanklagte van gepoogde vergiftiging ooit by die polisie aanhangig gemaak nie. “Inteendeel, die eerste keer wat só ʼn bewering aan die lig gekom het, was toe die openbare beskermer in die media aangehaal is.”

Volgens Naidoo het die polisie dadelik ná die mediakonferensie die betrokke lyfwag gekontak waarna daar bevind is dat die lyfwag wel pyne op sy maag ervaar het. Die lyfwag het by ʼn dokter gaan aanklop waarna die aanvanklike prognose ʼn maagvirus was of dat hy iets slegs geëet het.

Die lyfwag het daarna ʼn hospitaal besoek vir verdere toetse hoewel hy nooit opgeneem is nie. “Dié toetse het ook bevestig dat dit niks meer as ʼn maagvirus is nie of moontlik kos wat nie met sy stelsel akkordeer het nie,” lui die verklaring.

Naidoo het gesê die polisie stel wel steeds ondersoek in en het die mediese verslag asook ʼn verslag van die betrokke lyfwag aangevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Maljan ·

Wha ha ha ha! Ennie pabliesatie is good pabliesatie! Raai gou wie betaal vir daardie SPAN LYFWAGTE???? Sy kry n m..Rae salaries. Sy moet haar lyfwagte self betaal.

Joe ·

Is ons nie maar almal die eiendom van die staat nie? Probeer net vir een maand nie jou belasting betaal nie. Sy is bloot maar net nog een opportunis wat kanse vat.

Rinkhals ·

En die komedie van die cANCer beheerde staat duur voort. Elke dag ‘n nuwe mikrodrama wat afspeel – alles behalwe wat nodig is om die wegholtrein na ‘n gefaalde staat stop te sit.

Tyrant ·

Only tyrants get paranoid about things like that. Stalin, Pol Pot and Idi Amin comes to mind…

skurweberg ·

As ‘n skuldige gewete die oorhand oor (rasionele) normale denke kry, is daar gewoonlik ‘n illusie van die werklikheid teenwoordig.

John ·

Ons moet maar ons woorde tel en reg spel want dalk net word sy vise-president in die nabye toekoms en eendag…

Gert van Wierdapark ·

Siestog! Enige ou grashalmpie om die aandag van haar onvermoe en onkundigheid in die pos, af te trek! As sy due eiendom van die staat is, Kaap haar asb en gee haar n pos as Ambassa-deur in Denemarke in me Mandela se plek. Sy sal n baie goeie plaas-ver-vanger wees! Dan kan sy verder nonsense aanjaag, maar net nie op ons voorstoep nie. Gordhan se regs-span, gaan haar in elk geval goed bykom!

AndrewL ·

Volgende word by die kantore ingebreek en twee blouligbendes moet verkry word.

Willem Grobler ·

Ses vroue in Phillipi doodgeskiet maar die SAPS moet hierdie lyfwag se maagpyn ondersoek?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.