‘Geen bewyse van verkragting-speletjie’

Argieffoto

Argieffoto

Die Wes-Kaapse departement van onderwys sê ‘n ondersoek het bevind dat daar geen bewyse is dat laerskoolkinders ‘n speletjie wat verkragting naboots speel nie.

Debbie Schafer, LUR vir onderwys, sê beamptes en maatskaplike werkers het skole in die provinsie besoek en met hoofde, onderwysers en kinders gesels.

Sy sê daar is geen bewyse gevind dat die speletjie wel gespeel word nie.

‘n Skoolhoof in Mitchells Plein het The Cape Times oor die nuwe speletjie ingelig waarna die koerant Maandag daaroor berig het.

Hy het aan die koerant gesê dat meisies ‘n kans gegee word om te hardloop waarna die seuns agter hulle aanhardloop.

Hy sê wanneer ‘n meisie gevang word, sal die seun haar teen die grond vasdruk en vir sowat 20 sekondes maak of hy haar verkrag.

Wanneer die meisie eers “verkrag” is, mag sy nie verder deelneem nie. Die speletjie eindig wanneer al die meisies “verkrag” is.

“Die Wes-Kaapse departement van onderwys neem nie die berigte ligtelik op nie en sal voortgaan met sy betrokkenheid by skole ten einde bewustheid te skep rakende die gevare wat verbonde is aan speletjies van dié aard,” het Schafer gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

kt ·

HA HA HA Dis so absoluut lagwekkend. Die eeu oue storie. Wanneer iemand verantwoording moet doen. DAN WEET NIEMAND NIKS HA HA HA!!!!

willie ·

Arme skoolhoof wat staan en versinsels versprei het. Gaan die kerel / dame nou sielkundige berading ontvang of hoe nou ? Nee o hene, so iets kan mos net eenvoudig nie in Madame Helen se provinsie voorkom nie. Wat van verhaling van kostes vir die ondersoek wat gedoen moes word, Cape Times het mos genoeg of is daar soveel onderbenutte personeel dat hulle die ou joppie sommer maklik by hulle bestaande werksprogram kon inpas ? Ek het in my lewe al baie skoolhoofde ontmoet maar nognie 1 wat oor hierdie soort storie sal lieg nie

TannieT ·

So wat, moet ‘n kind nou eers regtig seksueel aangerand word voor sulke snert gestop word. Dis absoluut siek! Bewaar die klein twak wat ooit so iets met kinders probeer! My kinders se onskuld is nie daar sodat onopgevoede barbare dit by hulle kan wegvat nie en dit by ‘n skool waar kinders veilig moet wees. Ek kan nie glo dat die Departement van Onderwys dit net gaan laat vaar nie. Stem saam met Velitia, waar daar ‘n rokie trek, is daar ‘n vuurtjie! Hoekom sal ‘n volwasse grootmens so storie opmaak? Ek hoop van harte dat ouers wie se kinders hierby betrek is, dit ook nie hier sal los nie!

Elizabeth ·

Sou die skoolhoof nou sommer om aandag te trek of iets so storie ‘n versin het? Regtig waar, die “ondersoek” is sekerlik ‘n grap. Velitia – stem saam: waar ‘n rokie is, is ‘n vuurtjie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.