Die polisie het geen bom by die Proteahoogte Akademie in Brackenfell, Kaapstad, gevind nie nadat dié skool Woensdagoggend ’n bomdreigement per e-pos ontvang het.
Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die skoolterrein is intussen veilig verklaar.
Die polisie ondersoek die voorval.
Leerders en onderwysers van die skool moes vanoggend die skoolgebou verlaat nadat die dreigement gemaak is.
Die skool is sowat 4 km van die Hoërskool Brackenfell geleë waar ouers en inwoners Maandag slaags geraak het met betogers van die EFF. Die rooi barette het teen beweerde rassisme by die skool betoog.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
Weet jy!! Dit maak my so kwaad. En wat doen die polisie? Niks. Eff is mos n MI6 projek!
So gedink! EFF’ers wou net almal op hol jaag en die polisie staan en mooi lyk tsssk
Julle hoef nie ver te soek nie…. net so 4km in die pad af sal die skuldiges in rooi staan en wag
Verbeel ek my, of is die Groot Vrede van 1994 besig om stadig maar seker tot ‘n einde te kom?
Dit was ‘n intimidasie taktiek. Maar shame…. Ek dink iemand het per ongeluk die verkeerde nommer in die telefoonboek opgesoek, toe kom hulle by die ander skool in Brankenfell uit. Oeps!