Geen bom op die Puk gevind nie

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het bevestig dat hulle nie enige bom op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit kon vind nie, ná ʼn bomdreigement Maandagmiddag ontvang is.

Maroela Media het vroeër berig die Drakenstein-restaurant en omliggende omgewing is onmiddellik ontruim nadat die polisie die kampus in kennis gestel het van ʼn bomdreigement wat hulle ontvang het.

Prof. Fika Janse van Rensburg, waarnemende kampusrektor, het op die NWU-Puk se Facebook-blad bevestig die polisie se plofstofeenheid het die gebou gevee en daar is geen bom gevind nie. “Die universiteit bedank die polisie, asook sy studente vir die besondere goeie samewerking,” het hy gesê.

Johan van Zyl, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media bevestig die restaurant is veilig verklaar en nou weer oop.

Corné Cloete, assistentbestuurder van die Draak, het aan die studentekoerant, Wapad, bevestig die restaurant is omstreeks 17:30 weer oopgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nico ·

Almal is nou tot die tande toe ge RICA. So wie het die dreigement ingebel? Anders moet die regering ale Rica en Fica skrap. Dan mors julle eerlike mense se tyd en geld sonder om iemand te beskerm.

Grap ·

Dit is hoe apartheid beveg is make the university ungovernable.

Gideon ·

Maroela, vra vir iemand om tog nuwe foto te stuur, Totius is al geruime tyd al verwyder voor Regsfakulteit!

Dave ·

RICA fikca en enige ca is net bollie ek kan more n sim kaart kry sonder enige RICA

Koos ·

Ek stem saam Davel ek kan enige van die drie groot selfoon netwerke se sim kaarte koop by 2 Pakistanse selfoon winkels in my omgewing en dit aktiveer Rica is net om wetsgehoorsame burgers te beheer.

Maria van Dieweeck ·

Miskien het iemand nie geswot vir gister se toets nie..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.