Geen borgtog vir Agrizzi

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa (Foto: Dimpho Maja/ANA)

Die voormalige hoof van die omstrede maatskappy Bosasa, Angelo Agrizzi, se aansoek om borgtog is Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof afgekeur.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het gesê die staat het aangevoer hy is ʼn vlugrisiko.

Agrizzi word van korrupsie aangekla nadat hy opdrag gegee het dat betaal word vir veiligheidsopgraderingswerk – in die vorm van ʼn elektriese heining om die voormalige ANC-LP Vincent Smith se huis – wat in 2014 altesaam R200 000 beloop het. Volgens die klagstaat het hy in 2015 verseker dat R276 667 aan Smith betaal word.

In 2016 het ʼn bedrag van R345 076, deur Bosasa, glo ook in Smith se rekening beland. Dit is in drie paaiemente betaal.

Die betalings is volgens die staat gedoen as onbehoorlike aanmoediging vir Smith om aan te hou om sy posisie in die parlement – hy is ʼn voormalige voorsitter van die portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste (DKD) – tot voordeel van Bosasa te gebruik.

Agrizzi het in opspraakwekkende getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping nie net vir Smith by die beweerde bedrogspul betrek nie, maar ook sy mede-ANC-LP Cedric Frolick.

Agrizzi het 18 jaar lank vir Bosasa gewerk en het verlede jaar aan die Zondo-kommissie gesê Frolick is R40 000 betaal om Smith te paai. Dié het glo aanvanklik twyfel gehad oor Bosasa en kon moontlik pogings om kontrakte met DKD aan te gaan, in die wiele ry.

Frolick het vroeër vandeesmaand voor die kommissie driftig ontken dat hy enige omkoopgeld aanvaar het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter ·

Maar al die ANC boeties wat by korrupsie betrokke is kry borg. Nou gaan hy sien hoe werk ANC kommuniste

Johanncb ·

Nog ‘n mediahuis berig dat hy aan suurstof gekoppel was tydens sy verskyning! Dit sal nie vir versagting tel nie Mnr!

Sobymykoolkop ·

En al die staatkapers en vbs rowers loop nog vry rond.

Wat op dees Aarde ·

Ongelukkig is sy kleur nie reg vir borg nie, nes die oom van Senekal… Die ander wat ook om bedrog verskyn het se borgtog is toegestaan omdat hulle die regte kleur is vir borg.

Anel ·

Waarheen kan hy vlug? Die grense is dan toe? Maar al our people kry borg. Verstaan nie die spul se redenasie nie.

Martie Smartie ·

Wat van al die korrupsie wat blootgele is voor Zondo kommissie. Wat my betref het hierdie man sy eie graf gegrawe en lekker gelewe op my belastinggeld, so hy kan maar gaan aftjop in die tronk. Net jammer Gavin Watson is nie daar om hom te join nie … En die spul korrupte regeringslui ontduik ook alles na hulle jare geld ge-eet het uit die staatskas wat via Bosasa herlei is

Hennie J ·

Nou verstaan ek nie so lekker nie. Dis die ou wat die byenes oopgekrap het en nou sit sy turf. Gaan hy nog steeds n sleutelgetuie wees of het die duistere magte besluit hy word nou geoffer?

Vriendelike Frikkie ·

Help my reg, is enige iemand van die kaders al toegesluit vir enige van die duisende bedrogsake wat ondersoek is? Ek weet van baie ligkleuriges wat nou al sit. Ek kan net onthou van Tony Yengeni, maar hy is reeds weer los.

Scalla ·

Die fluitjie blaser word toegesluit en die skelms kry borg om hul bates te gaan wegsteek.

Anna ·

Ek mag verkeerd wees, maar tot dusver was hy die enigste een wat getuig het oor korrupsie en gearresteer is.

Daar was nou al talle ander mense wat getuig het en in hul getuienis duidelik die skelms uitwys met genoeg bewyse, maar die skelms beklee nog steeds hoë poste in die parlement.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.