ʼn Munisipale amptenaar van die Polokwane-munisipaliteit wat aangekeer is nadat hy glo berserk geraak en ʼn kollega omgery het, bly agter tralies.
Walter Madubanya (36) het hom verlede maand op die munisipaliteit se perseel in Ladanna glo eers in ʼn vragmotor van die munisipaliteit toegesluit, voor hy gewelddadige gedrag begin toon het.
Die polisie het vroeër gesê Madubanya was glo in besit van ʼn gevaarlike wapen en het almal gedreig wat naby hom gekom het. Van sy kollegas het probeer vasstel wat aan die gang is toe hy glo met die vragmotor begin ry het en vir Rassie Smith (36), ‘n wetstoepassingsbeampte van die munisipaliteit omgery het.
Madubanya het glo verskeie kere teen hom vas en oor hom gery. Smit is later dood.
Die polisie is na die toneel ontbied, maar Madubanya het glo voortgegaan om met die vragmotor te ry en het teen sewe voertuie, waaronder twee polisievoertuie, in die parkeerterrein gebots.
Hy het daarna beheer oor die vragmotor verloor en teen ʼn muur gebots. Hy is in hegtenis geneem en na ʼn hospitaal gehaas.
Madubanya staan tereg op ʼn aanklag van moord en opsetlike saakbeskadiging.
Sy aansoek om borgtog is Vrydag in die Polokwane-landdroshof van die hand gewys. Hy verskyn weer Woensdag in die hof.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
En wie gaan vir die trok betaal.
Klink of geestelik versteurd is. Met ander woorde “a nut case”.
Mal? Of maar net weer ‘n ‘werker’ wat nie sy sin gekry het nie.
Zo gaan dit mos deesdae, as jy ongelukkig voel oor iets by die werk rig jy gou gou so veel moontlik skade aan en dan kom als reg.
Die saak sou sekerlik meer openbare aandag geniet het indien die bestuurder en die slagoffer kleure veruil het….
Die swart man wat vir ‘n wit man se dood verantwoordelik is, kry sowaar nie borgtog nie. Dit moet ‘n eerste wees vir hierdie anti-wit SA.