Geen borgtog vir Bloemspruit-ouers ná ‘bose dade’ met kinders

Argieffoto

Argieffoto

Die 43-jarige pa en 33-jarige ma wat glo hul twee kinders mishandel en na bewering laat verkrag het, het in trane uitgebars toe hulle Woensdag borgtog in die Bloemfontein-landdroshof geweier is.

Die ouers, van Bloemspruit oos van die Bloemfontein-lughawe, staan tereg op aanklagte van kindermishandeling en die besit van dagga en gaan moontlik ook van verkragting aangekla word.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig hul borgtog is geweier. Hulle moet weer op 15 Junie in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die ouerpaar is op 22 Mei in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het dat hulle hul kinders mishandel.

Beamptes het die wenk opgevolg en die situasie gemonitor om die bewerings te bevestig. Die twee kinders, ʼn agtjarige seun en ʼn elfarige meisie, was baie vuil en verwaarloos toe die polisie by die huis opgedaag het. Die beamptes het ook gesien die seun is ongesteld en hulle het hom en sy sussie na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie het glo ook ʼn plastieksak met dagga in die vrou se besit gevind.

“Die 11-jarige meisie is glo herhaaldelik deur haar ma se kliënte, aan wie sy dagga verkoop het, verkrag en haar ma het haar vasgehou terwyl mans die bose dade gepleeg het. Mediese toetse het ook bevestig dat die seun bedwelm is,” het Kareli destyds gesê.

Die egpaar se name mag nie genoem word nie om die identiteit van hul kinders te beskerm. Die kinders is na ʼn plek van veilige  bewaring geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Dirk ·

Sluit die goed toe en gooi die sleutels weg en vergeet van hulle.Hoe kan ouers dit aan hulle kinders doen…SIEK.

pop ·

Die hartseer is dat daai kinders lewemslank beskadig is. n Kind het net tot 6 jr oud om goeie dinge te beleef en leer. Daarna is dit te laat. Vormingsjare is wat tel. Daai mense moet die doodstraf kry.

F ·

Bull man. Ek was ook so behandel, maar het ‘n besluit geneem dat dit my nie sal onderkry nie. Ek sou nie toelaat dat ek ook so word nie. Ek is vandag al ouer as 50 en lei ‘n vol lewe.

zahn ·

Baie geluk. Omdat jy dit reggekry het, ( en ek kan agterkom in jou kort kommentaar dat jy nog redelik aggresief en vol woede is) moet almal dit nou kan regkry. In jou kort samevatting insinueer jy almal is dieselfde. Weet jy wat, F, jy mag dink jy is oor dit, maar ek glo dit nie. Lees gou weer jou drie sinnetjies, jy kan doen met hulp. Professionele hulp.

Chanel ·

F
Ek stem saam. Baie respek vir jou. Bly om te hoor dat mense met seer en slegte dinge in hul verlede darem nog gesonde besluite kan neem en gelukkig wees.
Ek glo ook dat daai kinders met die hulp van BO en baie liefde ook gesonde grootmense kan word

Toebek ·

F ek hoor jou en ek glo jou as jy se jy is oor dit. Ek weet presies waarvan jy praat en verstaan waar die woede vandaan kom en waar dit gemik is. Ons is NIE slagoffers nie! Ek kry nog my af dae maar ek is ook oor dit. Bly om te hoor jy is ok en ek het baie respek vir jou.

Tania ·

Mag julle lewenslank sit!!!!
So bly hulle het die kindertjies gevat voor dit te laat is.

D ·

Great F dat jy vandag kan se jy is deur dit en dat jy gekies het om n vol lewe te lei, en Zahn, hoe kan jy sommer net so van iemand se kommentaar lees besluit hul het professionele hulp nodig?

Charlotte ·

Sulke siek mense mense behoort nie in die beskawing nie,die sleutels weg gooi en hulle summier verwyder uit die samelewing.

Gideon ·

Ek wil huil as ek die storie lees! Mens wonder wat gaan regtig aan in hierdie bose wêreld!! Hulle behoort voor ‘n vuurpelleton gesit te word!! My pa sou gesê het- ” skuim van die aarde”

Theresa ·

Wil net graag weet waar die verkragters is – die ‘kliënte’? Hulle is mos net so skuldig?

jennefer ·

Walglik, hul verdien die doodstraf. Die kinders is vir ewig sielkundig geknou, Word na n kinderhuis uitgeplaas waar die arme kinders iemand anders se probleem word. Waar is die naaste familie dat hul nie sien wat in die ouerhuis aangaan?

Karin ·

Vieslik. Nou wil hulle in die hof in trane uitbars.. hulle moes liewer in trane uitgebars het toe hulle daai arme kinders so mishandel het.
Watter tipe mens doen dit aan sy/haar eie kind?

Dawie Botha ·

Ek hoop al die kliente word ook uitgewys in die saaak Vuilgoed!!!!!!

ELSABE ·

Daar is baie mense wat regtig kindertjies wil he en kan nie kry nie. Sulke vuilgoed hoort nie in die beskawing nie. DIE DOODSTRAF MOET TERUG KOM!!!!!!!!!!!!!!

Anke ·

Dis seker teen die wet, maar kan al die verslag gewers groot asseblief ophou om hierdie goed ‘n ma en ‘n pa te noem. ‘n Ma en Pa beskerm hulle kinders, gee hulle liefde, hou hulle warm. Dit is nie wat die gemors doen nie. Hulle verdien nie om ouers genoem te word nie. Mens noem hulle net goed, want jy beledig enige iets anders as jy die goed na selfs diere vernoem. Hulle is net gemors.

petro ·

Ek stem saam dat hulle uit die samelewing verwyder word.Maak nie saak hoe hulle in die tronk behandel word nie, die feit bly staan ons as belasting betalers onderhou hulle daar!

magriet ·

ek het nie woorde nie. Net dat ek jammer is dat dit gebeur het.

Lucille Cilliers ·

My hart huil vir die kinders! Kinders vra liefde, aanvaarding en beskerming! Mag ons Hemelse Vander hulle styf in Sy arms toevou en mense hul pad langs stuur wat ‘n salf vir hulle seer sal wees.

Amanda ·

Kyk ek het geen simpatie met mense wat kinders se lewens steel. Sit haar en pappa in ‘n sel saam met geharde krimenele !! Die sal haar laat dink as sy ene verstand oor het na die kuier saam met die wat geen niks oor het vir ander. Jy is die naam “ma” nie werd. Geen simpatie en asseblief moet tog nie kom met afwykings wat gediagnoseer is by pappie en mammie. Onthou dit!!!!! Kinders sal altyd die letsels dra wat grootmense gebring het toe hulle moes lag en speel!!

Eliza-beth ·

Krokodiltrane en soos altyd is dit te laat vir trane. Om ‘n arme weerlose dogtertjie VAS te hou sodat mans haar kan verkrag – liewe hemel ek kan nie eers my indink dat ENIGIEMAND dit sal doen nog minder ‘n sogenaamde “ma” nie. Ek is sommer net naar. Die ergste straf vir hulle, die HEEL ergste is wat ons moet eis! Arme, arme kinders wat se lewens so geskend is; hulle het nie gevra om gebore te word nie!

Eish! ·

Sjoe, en om te dink as ek my net indink dat iemand so iets aan my kids moet doen, dan slaan ek sweet uit en word naar. Hoe is ‘n ouers se koppe as hul so iets toelaat? Sielsiek is nie die woord nie. Dit kan net satanisme wees. Ek was en is bereid om my eie lewe op te gee vir my kids. Al is hul altwee al getroud.

Yvonne ·

Daar is net een woord vir hulle: VUILGOED!!!
Dit breek my hart in stukke om my net te kan imagine hoe moet daai arme kinders voel. Die ma wat veronderstel is om jou te versorg en te beskerm, om jou te voed en te vertroetel hou jou vas terwyl ‘n vark jou verkrag!! Dis te veel vir my brein om in te neem. En nou wil jy huil omdat jy nie op borg vrygelaat word nie. Het jy jou al ooit een oomblik ingedink wat doen JY as “ma” aan jou arme kinders?
Jy’s siek! Wens dit was die 18de eeu . . . ‘n oog vir ‘n oog.

Susan Forret ·

Baie baie hartseer. Vat die kinders permanent weg by hulle en sluit hulle vir altyd toe. Hulle het nie gehuiwer om die kleintjies te verkrag nie maar het het nie die “guts” vir die trunk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.