Geen borgtog vir drie in besit van olifanttande

Foto: SAPD

Die drie verdagtes wat verlede maand in Polokwane in Limpopo in hegtenis geneem is nadat hulle met olifanttande in hul besit betrap is, bly in aanhouding.

David Mathonsi (31), Raymond Move (33) en Ben Shiburi (36) is Dinsdag almal borgtog in die plaaslike landdroshof geweier.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes sal na verwagting weer op 16 Februarie in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die drie verdagtes is verlede maand by die Savannah Mall in hegtenis geneem toe hulle met olifanttande betrap is.

“Die verdagtes is deur lede van die eenheid vir bedreigde spesies in Limpopo, die honde-eenheid, misdaadintelligensie, die departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme (Ledet) en die omgewingsmisdaadeenheid van SANParke en die Krugerwildtuin in hegtenis geneem,” het Ngoepe vroeër gesê.

Die drie verdagtes wou die olifanttande verkoop. Hulle het in ʼn grys BMW rondgery met vier stukke olifanttande ter waarde van ongeveer R168 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Androclus ·

Geen borgtog vir drie in besit van olifanttande,maar die moordenaars en die wat op parool is kry borg,hoe werk die regstelsel dan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.