Geen borgtog vir Griekwastad-moordenaar

Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad

Die 17-jarige seun wat skuldig bevind is aan die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad

Regterpresident Frans Kgomo het Donderdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof geweier om die borgtog te verleng van ʼn 17-jarige seun, wat aan die Griekwastad-moorde skuldig bevind is.

Kgomo het Donderdag gesê hy sal later die redes vir sy besluit bekend maak. “Ek is nie tevrede dat dit in die belang van geregtigheid sal wees nie,” het die regter gesê.

Die seun is skuldig bevind dat hy Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en dogter Marthella (14) op 6 April 2012 op die plaas Naauwhoek vermoor het. Die tiener is ook skuldig bevind op ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg en dat hy Marthella verkrag het.

Staatsaanklaer Hannes Cloete het gesê die enigste ding wat die staat van die seun weet is dat hy ʼn moordenaar is. “Ons het nou by ʼn tyd gekom waar sy regte ingekort moet word,” het Cloete gesê toe hy sy verweer teen die verlenging van borgtog gelewer het.

Kgomo het vroeër gesê hy ken nie regtig die seun buiten die bewyse wat voor die hof gelê is nie.

Cloete het gesê dit is nou bekend dat die seun ʼn koelbloedige moordenaar is wat ʼn gesin uitgewis het.

Die seun se regspan het aangevoer dat streng borgtogvoorwaardes aanvaarbaar sal wees. Die seun se voog het ter ondersteuning daarvan getuig, maar ʼn foto is gewys waar die seun toegang gehad het tot ʼn vuurwapen tydens ʼn jagekspedisie op die voog se plaas. Kgomo het gesê dit laat hom ongemaklik voel.

Die seun moet in ʼn gevangenis in Kimberley bly tot sy vonnisoplegging op 13 Mei.

Kgomo het vroeër gesê Marthella is voor haar ouers gemartel voordat hulle doodgeskiet is. Hy het bygevoeg hy wil nie enigiets sê oor die seun se gedrag in die getuiebank nie, maar bygevoeg die seun het nie enige emosie getoon nie. “Hy het met ʼn sterk stem getuig en is nie van stryk gebring toe die staat hom in ʼn hoek gedryf het nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Jaco ·

Die seun mag wel dan nou skuldig wees maar wat maak die blanke minderjarige anders as die swart minderjarige moordenaar van Terblanche. Die se regte moes beskerm word want hy is minderjarig. Hy mag nie na ‘n tronk gegaan het nie maar is na ‘n plek van veiligheid gestuur. Maar die wit seun moet tronk toe nou laat dit my die vraag het wit oortreders dan nou minder regte as swart oortreders? Ons blankes oordeel ons eie baie vinnig en streng maar is baie vergewens gesind teen oor die swart misdadiger wat kamtig die misdaad uit honger of aremlastigheid gepleeg het. Stenig my maar vir wat ek geskryf het maar dit is hoekom ons nasie so maklik verdeel en oorheers kan word.

Ria Maritz ·

Ek deel jou sentimente 100% – MAAR, die insinuasie(s) wat gemaak word dat die moordenaar van Oom Eugene honger en armlastig was, word gerieflikheidshalwe deur die regering voorgehou om die moordenaars se dade te regverdig. Hulle moor omdat dit in die gene is.

Nou staan ek ook reg om gestenig te word.

Kobus ·

Vandag is jy weer ‘n regskenner van formaat! Neem aan ons hang nie aan jou lippe nie.

Matthys ·

Ai Maroela, en jul lê klem op geen rassisme, haatspraak ens. Tog jammerlik dat Suid Afrika gebuk gaan onder blankes met die denke van ene Jaco, Ria en kie… Jul hoort by mekaar, maar ek as wit man wil beslis nie met jul vereenselwig word nie.
Terloops, die wetter kry ek geensins jammer nie. In my loopbaan kry ek daagliks met sy soort te doen. Sal graag wil weet of jul jul dogters allen by die @@%%@$@$^@ sal los.
Hy is ‘n skande vir wat bevoorreg voor staan! My opinie! Dink hy het in elk geval hopeoos te lank “vry” rondbeweeg. Mat

Dolk ·

Jaco… Wat makeer jou moraliteit?! Te hel met jou vertoë! Daar is ‘n tyd vir alles… Dis tyd dat mense hul gesonde oordeel moet behou…

As jy jou EIE Moeder en Vader kan doodskiet – jou SUSTER verkrag, martel en doodmaak… Hoe de DINGES begin – kom jy uit by jou sotlike slotsom?!

Hy kom geen genade toe nie!

Jy klink nes ‘n swarte wat ‘n plaasmoord probeer rasionaliseer… DINK!

KATIE ·

Matthys, ek stem met jou saam. Hierdie ou verdien geen genade nie. Hy het al hierdie walglike dinge gedoen en dan nog vry rondbeweeg veral in die omgewing waar hy gebly het en gemaak of hy die beste ding is since smarties!!!

Hy het geen berou getoon deur die hofsaak nie want hy het nie berou nie. Wonder of hy gedink het hy gaan finansieel daaruit baat? Wonder hoekom beskerm sy voog hom so erg?

Dit gaan nie oor wit mense wat hulle eie mense nie die son wil laat skyn nie maar wit en swart wat hierdie dade pleeg is satans mense. Ek dink vir my is die feit dat die wit mense so heftig hierop reageer en die feit dat Ria en haar vriend dink ons gee nie om is omdat ons met ‘n ander kultuur en geloof groot gemaak word. Wat het geword van “Eer jou Vader en jou Moeder” en definitief nie “Vermoor jou Vader en jou Moeder nie”

Zan ·

Wat maak die blanke minderjarige anders dan die swart minderjarige wat Terblanche vermoor het? Geweldig baie. Die swart minderjarige het nie net oe gehad op miljoene van Terblanche en a nice life, waar die stupid wit minderjarige net Miljoene en plase en alles gesien het. Het dit al by iemand opgekom hoekom die voog so baie vir hom skerm, wat is in al die miljoene vir die voog. Wat het die voog met die hele storie te doen gehad of was dit a group aksie dat die kind dit moet doen omdat hy dan sodanig te jonk sal wees om tronk toe te gaan en die miljoene sou hom mos dan daar uithou. Ek vra maar net. Wit minderjarige gaan braai in die tronk, gaan werk eendag vir jou eie miljoene en ek hoop jy het die lewe wat ander het in tronke, a lewe van hel en alles wat daarmee gepaard gaan. Geen simpatie vir iemand wat moor vir geld.

Annatjie Durant ·

Jy kan geensins die twee sake met mekaar vergelyk nie! Dit was sy ouers en suster-en hy het nie eers berou daaroor nie

Ria Maritz ·

Wat my dwars in die krop steek is dat hy die skuld op iemand anders se skouers wou laai – ag nee, mens erken as jy verkeerd was, en dra jou straf. Hy is ‘n leuenaar, moordenaar en moet maar sy tyd uitdien – wat hy gedoen het, kan mens skaars in woorde stel.

Kobus ·

Nou wat verwag jy van ‘n sewentienjarige. Wit en swart het dieselfde verweer op daardie ouderdom waarvan soveel bewyse voor ‘n agbare hof gebring is.
Kennis word bekom as jy wyer lees dan sal jy nie sulke onsin neerpen as die waarheid nie.

Jaco ·

Dit is wel so dat hy aan die moord van sy ouers skuldig bevid is maar interme ons humanistiese liberale grondwet moet hy dan mos nog steeds die selfde behandel word as ander misdadigers van sy ouderdom wat die selfde oortreding (moord en verkragting) begaan het. Dit is waar my argument inkom. Nie een keer stry ek dat hy nou ‘n misdadiger onder ons reg is nie.

Ria Maritz ·

Ek stem steeds 100% saam met jou – en het dit ook so verstaan in jou eerste skrywe !

Hou van jou denkwyse !

Elize ·

Jaco vir iemand met so ‘n wonderlike woordeskat redeneer jy maar bitterlik dom

Shannon ·

Jy’s korrek Jaco, dubbel standaarde. M.a.w. sy vonnis is nog steeds (amper) in pas met wat met `n wit seun sou gebeur het indien die moord in 1980 plaas gevind het. Daarenteen word elke vonnis teenoor swart misdaad aangepas vir die ras van die krimineel. (M.a.w. straf vir misdaad per se word vandag reg oor die wêreld heen aangepas. En die implikasie is basies dat slegs blankes `n paslike vonnis opgelê word en in meeste gevalle kom swartes of skotvry daarvan af of die interne verydeling vind kort voor lank wel plaas). `n Boek op sy eie werd.

T.o.v. die seun se vonnis – dit is soos dit moet wees, volgens my wense vir reg en geregtigheid.
Maar ek brand om ander dinge uit te vind.
– Was blote selfsug werklik die oorwegende faktor in die seun se optrede. Ons is nog steeds nie seker wat dit hom sou baat nie – die motief is nog steeds soek.
– Wat was die aard van die gesin se verhouding met mekaar ? Want indien dit blyk dat die seun jaloers was dan moet die enigste prioriteit van die saak nie net wetlik en geheimsinnig van aard te wees nie. Die samelewing behoort hieruit te kan leer. Want indien `n ouer en kind so uit pas met mekaar is dat dit lei tot moord, dan kan dit nie geïgnoreer word nie.

Dolk ·

Annatjie Durant, ek stem 100% saam. Die DREK is ‘n gebore, glimlaggende psigopaat!

PK ·

Jaco ek stem saam met jou rakende die hantering van die saak, ons moet egter ook na die regter kyk, hierdie ou is ‘n uiterste rassis en erg gekant teen ons blankes. ‘n Vorige geval waar hy ook ‘n blanke man skuldig bevind het is deur die appèlhof totaal uitgegooi. Volgens dit wat ek in die media kon aflei, was die hele saak gebaseer op bespiegelings en was daar geen konkrete bewyse teen die seun nie. Volgens die pataloog was daar geen teken dat die meisie verkrag was nie, en dit is dan nou die kern van die staat se saak, die verkragting. Ek voel ‘n ander regter sou ‘n ander bevinding gehad het.

ai toggie ·

Ag nee regtig mense! Hierdie is nie n blanke vs swart saak nie. Niks rakende die saak was rassisties nie. Julle soek net iets om dit so te laat lyk. Ek het ook die hele saak gevolg. Hierdie seun se hele gesin is uitgewis en hy stort nie n enkele traan nie? Hy wys geen emosie tydens die gru- fotos in die hof. Hy ry perd en gaan jag! Normaal? Ek dink nie so nie. Niemand van ons weet wat daar gebeur het nie. Al wat ek wel weet is hierdie saak gaan NIE oor WIT VS SWART NIE! . Pk , ek kan nie wag om jou kommentaar te hoor oor die Oscar saak se regter nie.

Joof ·

Dankie. Wat de donder het rassisme met hierdie cold cut and dried moordsaak te doen? Al rassisme is in die skrywes van die poepolle hierbo!

Shannon ·

Ek dink oor die algemeen is regters basies `n “Law unto themselves”. Deeglik bewus van hul onsensitiwiteit en dikwels lompe onkunde. Vir baie van hulle is die kortpad opsie, die een wat hom die vroegste by die huis kry, die enigste een.
Voeg hierby `n swart persoon wie heel moontlik slegs die amp beklee a.g.v. die vel kleur en jou doppie is geklink.

Matthys ·

Sit asb. my opinie in die regte volgorde, aangesien daar beslis konkrete opinies gelig word!
Myns insiens is dit betreurenswaardig dat soveel mense van alle rasse groepe vermoor word.
Hoop ons nie maar almal dat ons geliefdes veilig behoed en bewaar word teen watter aanslag ookal nie! Vir my is dit eenvoudig… misdaad is kleurloos!

Dolk ·

Matthys:”Vir my is dit eenvoudig… misdaad is kleurloos!”

Dan is jy inderdaad maar vrek eenvoudig…

Shannon ·

Psssst !
Die minderheid swart bevolking in die V.S.A. maak 80% op van die tronk bevolking.
Die minderheid blanke bevolking in die R.S.A. word 90% van die tyd deur die swart bevolking vermoor.

Die aarde is plat ?
Kakkerlakke is skadeloos ?

ai toggie ·

Shannon, imigreer asseblief. Jou negatiewe kommentaar op alles laat my wonder wat die hel maak jy nog in SA!

Slim Daan ·

Ai toggie.
Probeer gou die een uit-‘figure’:- Agteros kom ook in die kraal. Te moeilik ? Probeer mosterd na die maal.

Andre ·

As n mens jou pa en ma vermoor jou sussie verkrag en vermoor verdien jy nie simpatie nie, dit lyk amper asof hy n held is soos party mense opkom vir hom en hom jammer kry

Andre ·

As n mens jou pa en ma vermoor jou sussie verkrag en vermoor verdien jy nie simpatie nie, dit lyk amper asof hy n held is soos party mense opkom vir hom en hom jammer kry.Rassisme speel nie n rol hier nie maar meer geld gierigheid dink ek

Joey Combrinck ·

Joof jou taalgebruik is onnodig. Om kras taal te gebruik gaan beslis nie jou inset meer gewig laat dra nie. Dit is swak smaak om ander wat hul mening lug persoonlik aan te val en te beledig met swak taalgebruik.

AmY ·

Ek het die mannetjie gister ‘n braaksel genoem, en toe lyk dit my my kommentaar is verwyder. Sal later weer gaan kyk. Maar hy is byna 18, so hy kan toegesluit word saam geharde misdadigers. Kom ons kyk of hy nog steeds so arrogant en sonder emosie gaan wees.

Rina ·

Hy verdien om in die selle aangehou te word. Hy het sy ouers en suster op wreedaardige manier vermoor en ek het nog nie gesien dat hy enige berou getoon het nie. Wat is die kanse dat hy selfmoord sal pleeg as hy op borgtog vrygelaat het. My eerlike opinie is dat sy geestestoestand nie normaal kan wees nie. Weet ek gaan baie kritiek kry op my kommentaar maar dit is hoe ek voel oor die saak.

Ria Maritz ·

Absoluut, hy verdien niks minder nie. Dit was ‘n gruwelike daad !

Slim Daan ·

Rina,
Die algemene gevoel dat die moment as iemand n gruweldaad buite die begripsvermoe van rasionele mense se denke pleeg, daardie persoon summier afgemaak word as geestelik versteurd ( mal )
Begin maar aanvaar dat daar tussen ons, karakters vd aard rondbeweeg. Hul inherente boosheid strek met die dag van hul geboorte.

Shannon ·

Rina jy sal merk dat hoe erger dit gaan met die bevolking hoe meer skreeu hulle om bloed. Caesar en sy handlangers het dit goed besef – aldus die Colosseum. Dit is eintlik nie meer `n prioriteit om by die kap van die byl te kom nie, solank ons darem net `n bietjie bloed sien vloei.

Nes jy, meen ek ook die reg moet sy volle gang loop. Maar ek reken die mensdom se verantwoordelikheid teenoor sy nageslag en teenoor sy gewete kom nie tot `n einde by die vonnis oplegging nie. Dis hoe die Inkas hul self uitgewis het.

Maar hoor nou hoe wetenskaplik en agterdogtig teenoor die wet word die godsdienstiges as oom Sollie Oz skielik met modder op sy wit pak verskyn.

Rika de Klerk ·

Hierdie saak het absoluut niks met rassisme te doen maar met geregtigheid – ek wens mense wil nie rassisme en geloof by elke asemteug van elke dag bysleep nie – ek is bly die skuldige kry sy straf vir wat hy gedoen het – maak nie saak wat die kleur van sy vel is nie! Ek wil my liewer nie uitspreek oor die korsigtigheid van vele mense wat in elke denkbare gebeurlikheid hulle eie bekrompte siening oor rassisme wil bysleep nie – ons leef in 2014 – die wereld bestaan nie net uit blankes nie maar ook anderskleuriges – en tussen almal is daar die moordenaars, korruptes en verkramptes – hoe gouer ons almal in hierdie land mekaar aanvaar vir wie en wat ons is, hoe beter. Rassisme is hier hoegenaamd nie van toepassing nie – ek is net bly die reg het reg en geregtigheid laat geskied!

Slim Daan ·

Beter kon jy dit nie stel nie Rika. Eweneens jou verwysing om altyd n goeie dosis geloofskwessies te wil bysleep.
Van hierdie vuurvreter karakters verpersoonlik n amperse Madiba houding : Vuis omhoog in hul soeke na bloed en vergelding en in die ander n Bybel vasgeklem.

Ronell ·

Ek wonder wie van die wat hier kommentaar lewer, het enige regskennis, patalogiese en forensiese kennis? Ek praat van Universiteits kennis, nie maklik verkrygbare google kennis nie. Wie van julle het jare lange Polisie Ondersoek ondervinding/kennis? Mense, dan kan julle praat. Ek is ‘n Polisevrou en ek het die 1st dag al die ooglopende leidrade gesien.

KATIE ·

Ja Ronell,
Jy is reg met die feit dat ‘n geoefende oog veel meer raaksien. Ek het ook jare se Polisie ondervinding tesame met regskennis nadat ek my studie voltooi het.

Slim Daan ·

Ronell ou pel.
So 20-jaar terug kon jy miskien nog borskloppend soos n Kongo gorilla dit met trots van die dakke afskreeu dat jy deel uitmaak van die SAPD. Desedae sal ek dit skaars fluister.
PS
Jou baas Riah Phiyega is ook n polisievrou, en steeds is sy n nul op n kontrak.

Slim Daan ·

Uhm. Riah Phiyega ( jou baas ) is ook n “polisievrou” – en die kan nie haar skoon paar “stockings” soggens in haar klerekas kry nie. Laat staan nog haar lyf Sherlock Holmes te wil hou.
Jou gesoute Moord & Roof manne van toet was deur die bank “kwalifikasie-loos”. Daarenteen was daar min wat jy die manne kon leer.

Ma wat wonder ·

Dit maak nie sin hoekom hy skuldig bevind word aan verkragting as daar nie voldoende bewyse is nie. Iets is net nie reg nie. Hy wys nie sy emosies nie omdat sy pa dan nooit gehuil het nie – hy het dit self vir sy ouma gese dat hy ook nie sal huil nie. Het hy dit alleen gedoen? Ek hoop dat ons wel die volle waarheid sal hoor op die einde van die dag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.