“Geen borgtog vir Oscar” – Nel

Staatsaanklaer Gerrie Nel. Foto: Antoine de Ras/Independent Newspapers Ltd/Pool (SAPA)

Staatsaanklaer Gerrie Nel. Foto: Antoine de Ras/Independent Newspapers Ltd/Pool (SAPA)

Volgens staatsaanklaer Gerrie Nel moet Oscar Pistorius, wat Vrydag in die hooggereghof in Pretoria skuldig bevind is aan strafbare manslag, se borgtog nie verleng word nie.

“Strafbare manslag is ʼn ernstige oortreding,” het Nel gesê voordat die hof vir middagete verdaag het.

Nel het gesê tronkstraf is steeds ʼn moontlikheid vir Pistorius en hy moet nie op borgtog vrygelaat word nie. Hy het bygevoeg Pistorius het niks wat hom in Suid-Afrika hou nie, aangesien hy al drie sy eie eiendomme verkoop het en by sy familie woon.

“Dit is nie in die belang van geregtigheid om ʼn beskuldigde, wat in die hooggeregshof skuldig bevind is aan die nalatige moord van die oorledene, op borgtog vry te laat nie.” Nel het gesê Pistorius was ook in Julie in ʼn “voorval” by ʼn nagklub in Sandton betrokke terwyl hy tydens die verhoor op borgtog vrygelaat is. Pistorius se familie het die voorval na die tyd bevestig en gesê sy optrede was “onwys” en deel van sy “self-benadelende gedrag”. Nel het gesê dié gedrag moet in ʼn ernstige lig beskou word nadat ʼn kenner gesê het Pistorius kan ʼn selfmoordrisiko wees.

Adv. Barry Roux, Pistorius se regsverteenwoordiger, het aangevoer die onus berus by die staat om te bewys waarom Pistorius nie op borgtog vrygelaat moet word nie. “Hy het tydens die verhoor aan al sy borgtogvoorwaardes voldoen, en daar is geen rede om nou anders te dink nie,” het Roux gesê. Hy het gesê Pistorius het al sy eiendomme verkoop om sy regonkoste te dek en dit is ʼn verdere bewys dat Pistorius die regstelsel respekteer. “Dit was ʼn lang en duur verhoor.”

Pistorius is vroeër deur regter Thokozile Masipa skuldig bevind aan strafbare manslag en dat hy nalatig opgetree het toe hy skote deur die toiletdeur gevuur het toe hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het.

Pistorius sal na verwagting ná etenstyd hoor of hy weer op borgtog vrygelaat gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Shannon ·

Ek reken Jerrie is vol st..nt. Manslag is nie moord nie en as sulks kan die bandiet Oscar Pistool dus onderhandel oor die formele aanvang van sy tronkstraf. En die ou is nog nie gevonnis nie so hoe kan hy reeds in die tronk woonagtig wees ? Hy moet mos noodwendig wag daarvoor ?

Daar is nog so kort tydjie beskikbaar vir Oscar om saam met sy geliefdes miskien `n middag ete in die tuin te hê vir oulaas – `n kort afskyt waar almal vroeg verkas… a.g.v. ‘No toilet breaks’

Anoniem ·

Wat bly nou oor om te se, nou kan oorsee lande presies sien hoekom SA moord syfer so hoog is. Geen mens mag eers wapen op iemand rig nie al is hy binne jou huis, maar hier word iemand doodgeskiet en kom skotvry daarvan af. Pragtige jongmens se lewe geneem. Net n kwessie van tyd en meneer doen weer alles wat hy voorheen gedoen het sonder om n bietjie skuldig te voel, hy was al immers in nagklubs terwyl hofsaak aan die gang was. Trane donderdag was van blydskap dat hy nie vir moord aangekla was nie. Nog trane volg dan gaan dit van blydskap wees dat hy net n opgeskorte vonnis gaan kry. Hoop Gerrie Nel kry nog iets reg met hierdie verwaande mannetjie wat dink hy is die alfa en omega net omdat geld praat.

sarie van heerden ·

Bitter pil vir Gerrie Nel. Was baie selfvoldaan met sy “speel vir die kamera” deur voet op die stoel langs hom te sit in sy ondervraging van Oscar en met sy bril te speel terwyl hy in die verte tuur. Gerrie Nel het sy bes probeer om Oscar verder in die aarde in te druk met sy onmenslikheid. Barry Roux daarenteen het op ‘n ordentlike manier geveg vir die toekoms en lewe van ‘n jongman.

BullsEye ·

Huh?? Gerrie onmenslikheid? Ek sou se om vier skote deur ‘n toe deur te skiet kwalifiseer as onmenslik!

Ellen ·

Gerrie Nel jys n doring,jy verdien jou geld deur en deur! Die staat MOET jou n GROOOOOT Salaris verhooging gee!! N Blinde kan sien wat regtig daai aand in Oscar Pistorius se huis gebeur het! Viva Gerrie Nel!!!!!!!! Jys n GREAT staatsaanklaer!!!!!!!!!!!

Maggie ·

Stem Sarie, Gerrie Nel se eggo is nou geknak. Oscar jy is onskuldig en ons amal weet geen geld kon die regters omkoop nie, baie sterkte aan jou, moet jou nie steur aan die klomp swaksinnige mense wat jou valslik beskuldig nie, hul menings is van nul en geener waarde, styg bo hul uit jy kan en sal ek weet. Net soos ou Gerrie nou sy kop in skaamte moet laat sak gaan hul ook nog. Dit is by gese as hul leke breins vir ‘n verandering werk. O ja Anoniem, jy jy gaan eers vra wie is in die huis voor jy skiet asb, dan is jou fam al uitgemoor, wakker skrik ou ons bly in NSA. Ek weet van baie gevalle waar daar net geskiet is sonder om vrae te vrae, en niemand is in hegtenis geneem of vervolg nie.

Henk ·

Gerrie Nel het nou baie te se, feit bly staan hy wat Gerrie Nel is, moes meer belanggestel het daarin om FEITE aan die hof te BEWYS en nie ‘n storie aan die hof probeer vertel het en te “perform” het vir die TV kameras nie!

Anti-Oscar ·

Geld koop alles……….tot vryheid. Verdoesel bates dan kan Reeva se ouers niks kry nie……….alles vir die hofsaak………..haha. Hy is en bly arrogant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.