Geen borgtog vir pa wat glo seuns keelaf sny

Lesiba Kekana (Foto verskaf deur SAPD Limpopo)

Lesiba Kekana (Foto verskaf deur SAPD Limpopo)

Lesiba Kekana (36), die pa van Limpopo wat daarvan beskuldig word dat hy sy vier seuns se kele afgesny het, het Dinsdag in die rondgaande hof in Magatle, suid van Polokwane, verskyn.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het gesê Kekana is borgtog geweier en die saak is na die hooggeregshof in Polokwane verwys en sal op 21 Januarie daar voorkom.

Kekana staan tereg op vier aanklagte van moord op onderskeidelik Bokang Kekana (13), Keneilwe Kekana (10), Hlologelo Kekana (6) en Lekgoledi Kekana (4). Hy het onskuldig gepleit op dié aanklagte.

Kekana, van Moletlane-Mmatjatji in Magatle, se vier seuns het by hul ouma, Kekana se ma, gewoon. Hy het op 4 September die kinders by haar gaan haal en na Gauteng geneem om by hul ma, Lorraine Kekana, te gaan kuier.

Kekana en Lorraine is glo nie op goeie voet nie en hy het na bewering die Saterdagaand teruggekeer en al vier seuns vermoor deur hul kele af te sny. Hy het daarna selfmoord probeer pleeg, maar is deur die gemeenskap verhoed.

Lees vorige berigte oor Kekana op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.