Geen borgtog vir pastoor skuldig aan verkragting

Argieffoto

Argieffoto

Die pastoor wat die kerklike bediening Christ Healing Fountain in Mannenberg op die Kaapse Vlakte gestig het, is borgtog geweier nadat hy skuldig bevind is dat hy dieselfde vrou twee keer verkrag het.

David Mteteleu Mnapu (50) het Vrydag voor landdros Mandy van Leeve in die hof vir seksuele misdrywe in Parow verskyn om vir borgtog aansoek te doen hangende die uitkoms van sy vonnisverhoor.

Mnapu het onskuldig gepleit op albei aanklagte van verkragting toe sy verhoor in April begin het. Hy is in Mei skuldig bevind, waarna sy borgtog van R1 000 verval het.

Van Leeve het sy aansoek Vrydag van die hand gewys aangesien hy nie die hof kon oortuig hy het buitengewone omstandighede om sy vrylating op borgtog te regverdig nie.

Hy sal in polisieaanhouding bly tot sy vonnisverhoor op 23 Augustus.

Die 18-jarige slagoffer is in Maart 2009 verkrag nadat sy hom by die bediening genader het om berading nadat sy in November 2008 deur ʼn ander man verkrag is. Mnapu het haar by twee geleenthede na ʼn hotelkamer naby die Kaapstad Internasionale Lughawe geneem waar hy haar ook verkrag het.

Die vrou het tydens die verhoor in die hof getuig dat Mnapu haar ná die verkragting gewaarsku het dat haar familie vervloek sou wees en sterf indien sy enigiemand van die verkragting sou vertel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kosie ·

Dit is reg dat die uitvaagsel tot reg gebring word. Wat my egter verwonder is hoe dom mens kan wees om vir n tweede keer, nadat jy verkrag is, vrywillig na n hotelkamer terugkeer as jy weet dit gaan weer gebeur. Was dit werklik verkragting? Ek wonder maar net. Ek neem aan die regter die feite ordentlik ge-evalueet voor hy sy uitspraak gemaak het.

KarooKlong ·

Weereens is V/Regter Jansen akkuraat met haar uitspraak oor verkragtings.
Viva V/Regter Mabel Jansen, Viva

Lance ·

Shame arme pastoortjie ….Mabel was tog so reg moet ek se …4 veragagtings elke min in SA …hoe kan mens voortbou op n land met mense wat so siek is met geen waardes nie

Mel ·

Ai en daar word gepreek van agter di bybelkas af ons mag ni dit ni en ons mag ni dat ni, maar di een wat met di bybel onder di arm loop het sommer Mag op enige iets, ai ai, sit gaan jy sit broer

Jef ·

As n ongelowige persoon iemand verkrag dan staan dit bol van al die kommentare wat gelewer word en as daar n gelowige persoon in die geval n Pastoor iemand verkrag dan word daar nouliks kommentaar gelewer…..verstaan nie mooi nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.