Geen borgtog vir polisiebeamptes ná transitorooftog

Argieffoto

Argieffoto

Die Valke het vier van die agt persone, wat na bewering betrokke was in ʼn G4S-rooftog in Kimberley in die Noord-Kaap, se aansoek om borgtog suksesvol teengestaan.

“Sers. Samuel Jantjies (45), konstabel Hendrik Daniels (35), Jennifer Claasen (46) en Jean Pierre Wolfaard (26) se aansoek om borgtog is Maandag in die Kimberley-landdroshof afgekeur,” het kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, gesê.

Vier ander verdagtes, Densel Deon Jantjies (35), Conrad Christopher Buys (25), Charles Buys (61) en Andries Buys (38), is vrygelaat op borgtog van R10 000 elk.

“Hul saak is tot 29 September uitgestel vir verdere ondersoek,” het Nkwalase bygevoeg.

Die voorval het op 6 Mei 2016 omstreeks 19:00 by die G4S-basis in Kimberley plaasgevind. “Drie gewapende mans het toegang tot die perseel bekom en met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug. Vyf verdagtes is tussen 20 en 22 Julie 2016 in hegtenis geneem en die ander is kort daarna in hegtenis geneem,” het hy verduidelik.

Die Valke het reeds beslag gelê op meer as R1,4 miljoen en ʼn verskeidenheid van nuwe huisraad en verskeie motors wat aangekoop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johan ·

Nie alle polisie beamptes is so nie. Daar is polisie beamptes wat eerlik is en sukkel om die pot aan die kook te hou vir hulle eie gesinne,maar wat weier om oneerlik te wees of te word en wat liewer elke dag sal brood eet as om oneerlik te wees. Maar nog steeds die gemeenskap dien met eerlikheid,opregtheid en toewyding en veg vir reg en geregtigheid sodat die krimineel gevang kan word en die gereg sy gang kan gaan en die krimineel gevonnis word,al gaan dit hoe in hulle eie huise en of hulle huwelukke geaffekteer word of nie. Gaan werk saam met n polisieman of vrou en sien of dit werklik so maklik is.

MissDemeanor ·

Stem saam jou Johan. Die polisie werk baie hard, kry min vergoeding en baie stress. Hierdie karakters is nou wel aardskelms, vuilgoed wat hul kennis misbruik om te roof en moor. Dit moet moeilik wees om ‘n polisieman/vrou te wees as jy werk saam mense wat die stelsel van binne af ondermyn. Die valke het great werk gedoen.

KarooKlong ·

Dis waar hoor. Johan en Miss, dankie beteken ook motivering.

Pinda ·

Zoals Johan al aangaf inderdaad, niet alle politiemensen/ ambtenaren zijn in en in slecht en corrupt uiteraard. Laten we hopen dat de rotte appels plaats zullen maken voor de zoete appeltjes. Goedenavond lieve mensen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.