Die vermeende baasbrein in die moord op Nico (Nicci) Janse van Rensburg van Roedtan in Limpopo is Woensdagmiddag borgtog in die landdroshof op Mookgopong (Naboomspruit) geweier.
Lesiba Solly Segwale was sigbaar ongelukkig toe hy en sy medebeskuldigdes Malesela Mangena en Velly Segwale ná die uitspraak uit die hofsaal begelei is. Die hof het vandeesweek gehoor dat selfoonrekords dié drie mans met die plaasmoord verbind.
Die staat beweer die drie behoort aan ’n misdaadsindikaat. Daar word ook beweer dat Lesiba die aanval op die plaas Derdekraal, waar hy gereeld gaan melk koop het, “georganiseer het”. Hy het Maandag in die hof verskyn met ʼn geel‑en‑groen hemp waarop staan, “Stem ANC”.
Janse van Rensburg is op 7 Oktober op die plaas doodgeskiet. Sy lewensmaat, Veronica (Katryn) Grobler, en ʼn 15-jarige seun wat saam met hulle op die plaas gewoon het, is vasgebind. ʼn Huishulp het eers die volgende oggend op hulle afgekom.
Lesiba het egter vandeesweek in sy borgtogaansoek volgehou dat hy tuis was toe die aanval hom die betrokke dag tussen 17:00 en 19:00 afgespeel het. Selfoonrekords vertel egter ’n ander storie, sê die polisie.
Speursers. Jafta Mooka van die polisie het getuig dat Lesiba die dag van die aanval twee keer op die plaas was. Hy het self gesê dat hy die oggend omstreeks 10:00 op die plaas was om melk te koop en dit is hoekom selfoonrekords hom op die plaas plaas, sê Lesiba.
Volgens Mooka was Lesiba egter daardie oggend op Derdekraal om dinge uit te kyk voordat hy laatmiddag weer na die plaas is – dié keer saam met sy medebeskuldigdes om die aanval uit te voer.
Minstens vyf aanvallers het Nico, Veronica en die tienerseun oorval, van wie minstens vier gewapen was. Nog twee inhegtenisnemings moet nog plaasvind.
Die staat het aangedui dat hy ’n sterk saak teen die drie vermeende aanvallers het wat reeds in hegtenis geneem en aangekla is. Dít danksy die selfoonrekords en gesteelde items wat in die beskuldigdes se besit gevind is.
Lesiba se regsverteenwoordiger het egter aangedui dat geen items in haar kliënt se besit gevind is nie. Lesiba het wel volgens Mooka probeer weghardloop toe die polisie op 12 Oktober op hom toegeslaan het. Hy het ook verskeie vorige veroordelings, waaronder verkragting, seksuele aanranding en diefstal.
Lesiba staan nou tereg op 11 aanklagte, waaronder moord, sameswering om moord te pleeg, die rig van ’n vuurwapen, ontvoering en roof met verswarende omstandighede.
- Sy medebeskuldigde Velly het intussen sy aansoek om borgtog laat vaar. Mangena se aansoek sal op 4 November aangehoor word. Die saak teen Lesiba en Velly sal op 24 November voortgaan.
Plakate gaan nie help nie. Stig julle eie veiligheidsmag.
Ek sal aansluit by soe veiligheidsmag, en sal my eie wapen en patrone bring!
Verkoop julle produkte soos melk en vleis op boere markte dan is daar nie ‘n toeloop van vreemdelinge op julle eiendom nie .
Ekt lankal gesê ons stedelinge moet ons boere gaan bystaan, nagte patroleer sodat hulle veilig kan slaap. Maar almal praat net heeltyd en doen niks. Die regering gaan ons boere nie help nie, want hulle is self hopeloos te treurig.
Stedelinge moet nie rustig slaap nie, die kos wat jy koop word nie in die supermark gemaak nie.
Lillian, I’ve said over & over on social media that farmers MUST start kibbutz systems on their farms. They can both work and guard the land, as they did in Israel. My uncle was murdered on his farm. I am disabled, however I can get to the top of a watch tower via a pulley or lift system & will gladly keep an armed watch. My dad was a farmer, killed in an accident caused by a truck driver running through a stop. I love the land. To all the farmers: My offer stands. Come and get me. If Afriforum reads this, know I’m deadly serious. I have a history of facing up to corruption – sometimes at a terrible price, but I’m not afraid to stand up for what is right. I’m educated and a decent person. This is not white trash looking for a handout. God bless you all.
Daar moet dringend gekyk word om Veiligheid op plase te verseker. Ons as blankes moet maar begin self kyk na so iets soos ‘n Kommando te stig. Korrupte regering voel NIKS vir ‘n boer of enige blanke in die land nie. Daar is soveel jong werklose mense wat kan deel uitmaak hiervan
Plase moet soos vestings lyk. Amper soos ‘n army basis in die ou weermag. Met wagtorings en al.
n Gewoonte misdadiger, maar loop vry rond.
Die “STEM ANC” spreek boekdele nê