Geen borgtog vir Senekal-sakeman ná oproer

André Pienaar tydens Dinsdag se hofverskyning. (Skermgreep: Newzroom Afrika)

Die landdroshof op Senekal in die Vrystaat het Dinsdag André Pienaar, wat ná verlede week se oproer op die dorp in hegtenis geneem is, se aansoek om borgtog van die hand gewys.

Pienaar staan tereg op aanklagte van openbare geweld, aanhitsing tot geweld, poging tot moord en terreur. Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, het gesê die aanklag van terrorisme teen Pienaar is nié laat vaar nie.

Volgens Shuping wag die staatsaanklaer in die staat egter nog vir geskrewe bekragtiging van die nasionale direkteur van openbare vervolging vir hierdie aanklag.

Pienaar is Woensdag in hegtenis geneem nadat oproer ʼn dag tevore by die Senekal-landdroshof uitgebreek het. Twee verdagtes, Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa, wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Brendin Horner het daar in die hof verskyn. Hordes mense het na die hofgebou opgeruk om protes teen voortgesette plaasmoorde en -aanvalle aan te teken en gemoedere het oorgekook.

ʼn Polisievoertuig is omgestoot en het aan die brand geraak en skade is aan die hofgebou aangerig.

Landdros Buti Mlangeni het gesê hoewel hy tevrede is dat Pienaar nie sy verhoor gaan ontduik nie, het die staat suksesvol aangevoer dat sy vrylating op borgtog die administrasie van geregtigheid in die gedrang kan bring, openbare vrede en sekuriteit kan ondermyn, dat hy met getuies kan inmeng, asook dat die toestaan van borgtog openbare woede en skok kan veroorsaak en openbare vertroue in die strafregstelsel kan ondermyn.

Die saak teen Pienaar is tot 20 November uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

84 Kommentare

jongste oudste gewildste
Moedeloos

Die landdros is seker maaitjies met die minister.

Plaaskind

Wat?!? Wat ‘n klomp nonsens, dit maak mens net die boos. Poging tot moord??? Eish??

Dries

“Aanhitsing tot geweld.” Hoe ironies. Veral as ek dink aan tweets van politieke ‘leiers’ wat die opdrag gee: “Attack!”

Einstein

“…dat die toestaan van borgtog openbare woede en skok kan veroorsaak en openbare vertroue in die strafregstelsel kan ondermyn.”… wat ‘n klomp bog! Wie is die konyn wat sulke twak kwyt raak?

Persheks Adri

Nee regtig waar! Dis om van BAIE kwaad te raak! Ek kook nou van kwaad wees!

Hoekom word Malema en kie nie aan gekla van terrorisme regtig nie? Hulle het petrol bomme gegooi en alles geplunder met mense in die winkel!