Geen borgtog vir sersant wat glo verkrag

Argieffoto (Foto: Josh Hild/Pexels)

ʼn 50-jarige polisiesersant het in die landdroshof in Oos-Londen verskyn op aanklag van die verkragting van sy meisie se 14-jarige dogter in 2020.

Hy is op 28 Augustus deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) in hegtenis geneem en staan tereg op twee aanklagte van verkragting.

“Die man bly saam met sy meisie en haar dogter in Oos-Londen. Die jongste beweerde voorval van verkragting het hierdie maand gebeur,” het Anelisa Ngcakani, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, gesê. “Die man het op 25 Augustus glo deur die dag van die werk af by die huis aangekom en die meisie was alleen tuis. Sy was in die kombuis toe hy haar genader en haar op ʼn onbehoorlike manier aangeraak het. Sy het probeer om weerstand te bied.”

Die man het na bewering daarna na sy kamer gegaan. “Sy het hom gevolg om te hoor of sy vir hom kan kos maak, omdat dit ʼn taak is wat hy en haar ma haar opgelê het. Die sersant het haar egter toe na bewering verkrag.”

Die 14-jarige meisie het die misdaad by haar tannie aangemeld en ʼn saak is by die polisie aanhangig gemaak.

“Die saak is tot 15 September uitgestel vir formele aansoek om borgtog,” het Ngcakani bygevoeg. “Die NVG sal borgtog teenstaan, omdat dit ʼn skedule 6-oortreding is, wat beteken dit val onder die ernstigste kategorie vir oortredings wat borgtog betref.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marcello ·

Hoop hy kry ‘n vonnis ook vir skedule 6- oortreding…. anders gebeur dit maar net weer en weer.

Swerwer ·

Ja Hoed, en so stoom jy voort om jou makkers in die polisie op te neem en diè wat graag wil en ‘n verskil in die SAP sal maak word afgekeur as gevolg van BBBEE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.