Geen borgtog vir twee wat glo donkies afslag

Argieffoto uit die Under the Skin-verslag van die Donkey Sanctuary in die Verenigde Koninkryk

Argieffoto uit die Under the Skin-verslag van die Donkey Sanctuary in die Verenigde Koninkryk

Twee persone wat in hegtenis geneem is nadat 35 donkies se velle afgeslag is, het in die hof verskyn en bly in aanhouding, het die dierebeskermingsvereniging (DBV) Dinsdag gesê.

Morena Kimanu Dlomo en Lati Makatso se aansoek om borgtog is Maandag in die Sani-landdroshof van die hand gewys. “Hulle moet weer op 6 Februarie in die hof verskyn op aanklag van dieremishandeling wat deur die NDBV kragtens die Wet op Dierebeskerming aanhangig gemaak is,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê.

Altesaam 35 donkies is in ʼn kraal op ʼn stuk grond agt km van die grens tussen KwaZulu-Natal en Lesotho in die Twin Springs-gebied gevind waar hulle velle afgeslag is.

“Volgens bewyse op die toneel was die slagting gruwelik. Dit wil voorkom of die donkies geïmmobiliseer is met ʼn instrument, waarna hul velle afgeslag is, waarskynlik terwyl hulle nog by hul bewussyn was. Dit sou ʼn stadige en uiters pynvolle dood gewees het,” het die DBV bygevoeg.

Die ondersoek in die gebied duur voort. Berigte is ontvang dat daar nog donkies in die gebied kan wees wat in gevaar is. “Daar is dae lank tevergeefs gesoek. Dit is ʼn groot, bergagtige gebied,” aldus die verklaring.

“Dit is duidelik dat die aanvraag na donkievelle, vermoedelik vir medisinale doeleindes, in ons land voortduur, en dit het nou na afgeleë dele versprei en moontlik ook Lesotho. Personeel van die NDBV en Sani-DBV het met grensbeamptes van Lesotho vergader om hulle van die situasie in te lig.”

Daar word wêreldwyd stappe gedoen teen die kwessie van donkies wat vir hul velle afgeslag word vir die Chinese ejiao-handel (donkievelle wat vir medisinale doeleindes gebruik word). Dié inisiatief word gelei deur die Donkey Sanctuary in die Verenigde Koninkryk. “Die NDBV doen ʼn beroep op almal wat omgee om die aanbevelings te ondersteun op die Donkey Sanctuary-webwerf. Meer besonderhede op die NDBV se webwerf en Facebook-blad oor die “Under the Skin”-veldtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

AL ·

Geen respek vir ENIGE LEWE nie. Goed so, kry geen borg nie. Hopenlik kry jy n donkiestert om jou in die selle op te hang … R300 minder pd uit ons belastingbetaler se sakke …

Jane ·

Mooi so, daar moet darem erens justice vir diere wees. Diere wat LEWENDIG afgeslag is en hulle gee voor hulle het nie gedink die donkies kry seer nie? YEAH RIGHT .dit is wreedaardig en ongevoelig en barbaars. Hou hulle in die tronk. Hoekom hou die Chinese nie hulle eie donkies en renosters aan as hulle so vrek oor hulle “produkte” nie? Hoekom moet hulle altyd SA kom RAID en op die wreedste maniere moontlik onskuldige diere doodmaak? EN hoekom altyd sulke ONMENSLIKE praktyke? Nooit enige humane aksie van hulle kant af nie .. EK VOEL vir julle net soveel soos julle vir die DONKIES gevoel het .. NIKS~!!~!

BS ·

Dit is goed so hul nie borgtog kry. Maar tog wil dit blyk dat mense boosheid teen diere n erger misdaad is as teen mense. Want mense kry borgtog as hul mense doidmaak. Dubbel standaarde? Lyk daar is geen sisteem waarvolgens hul werk nie.

Cherokee ·

Dit is jy wat opstandaarde moet let. Die gesprek gaan oor diere.

Kallie ·

‘n Dier kan nie praat en vir jou vertel van sy onbeskryflike pyn nie, nog minder om te sê hy is honger en dors,nes ‘n klein kindjie nie kan nie. Daarom moet die sogenaamde “mens” wat aan hierdie wat nie vir hulleself kan praat nie,leed en kwaad aandoen, onbeskryflik swaar gestraf word. Hulle siele moet vir ewig in die hel verrot, want ons samelewing kan goed sonder hulle klaarkom.

Leonie ·

Ek dink dit moet seker die verskriklikste dood wees. Kan nie glo mense is so geldgierig en glo alle twak wat Chinese hulle vertel. Slag hulle ook lewendig af. Die arme donkies. Wys jou net hoe wreed hulle is. As hulle so iets kan doen kan hulle mense ook moor. Gee hulle ‘n lang tronkstraf nie net ‘n boete nie!!

buks ·

Ek is bly om te hoor dat die afgeslagde donkies eienaars het. Want hier in Venda ry die motoriste hulle self dood teen donkies wat dan ook sterf as gevolg van beserings. Geen haan kraai n woord oor die areme donkies nie.

Theresa ·

Dis vreeslik wreed. Hoop die wêreld kry dit te lees en sien wie is so wreed. Ek stem saam met een van die kommentare dat dit hoog tyd is dat die Chinese hul eie renosters en dan ook donkies en wat hul ookal nog so laat doodmaak vir hul kamstige medisyne en hulpmiddels, kry. Maar dit sal in elk geval nie die wreedheid uit mense hier reg in Suid-Afrika se harte verwyder nie. Vieslike optrede.

Johann ·

Ek lewer kommentaar by ‘n skrywe waaarin ek na die armstes van die armes verwys wat dit met die donkies doen. Dit is regtig mense wat dit vir oorleweing doen en in haaglike omstadighede lewe. Hulle word uitgebuit, sien die gaping om te oorlewe, maar Maroela plaas dit nie, of haal dit af, omdat dit om een of ander rede nie by hul beleid in pas nie. Dat die mense verkeer doen, is verseker so, dan is dit ook so dat daar by die regte plekke begin moet word om vir hierdie mense hoop te gee en dit is by Zuma en die Chinese. Ook nie by Maroela nie. Elk dink daar is iets met my kop verkeerd.

John ·

Die skynheilige Oosterlinge gaan so aan oor hul eie natuurskoon en diere maar hulle het geen respek vir ander lande se kulture en eiendom nie. Hulle eet elke ding onder die son van elders, en alles het glo die een of ander towerkrag. Ons moes lankal hul handelsware geboikot het, maar skynbaar is te veel van ons amptenare omkoopbaar…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.