Geen borgtog vir vermeende dwelmhandelaar

Belinda Swart (Foto verskaf)

Belinda Swart (53) bly in aanhouding ná haar verskyning Donderdag in die Secunda-distrikshof in Mpumalanga. Sy is in hegtenis geneem toe die Valke, misdaadintelligensie en die honde-eenheid Dinsdag reageer het op inligting oor ʼn verdagte wat in Secunda met dwelmmiddels handel dryf.

“ʼn Klopjag is op die perseel uitgevoer en die verdagte het metamfetamien in haar besit gehad,” het kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê.

ʼn Voorlopige ondersoek het onthul Swart is in 2018 ook deur die Valke in hegtenis geneem oor handeldryf met dwelmmiddels. Sy is in Augustus 2018 skuldig bevind en tot drie jaar tronkstraf gevonnis waarvan een jaar en ses maande opgeskort was vir vyf jaar, met die keuse om ʼn skulderkenningsboete van R12 000 te betaal.

Swart se verdediging het Donderdag daarop aangedring om met ʼn formele aansoek om borgtog voort te gaan vir ʼn skedule 5-verhoor. Haar aansoek om borgtog is van die hand gewys en sy bly in aanhouding. Sy moet op 4 April 2022 weer in die hof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

(Foto verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johanna ·

Ek hoop hulle sluit haar toe vir baie jare..As dit by dwelms kom wat jongmense en gesinne se lewens verwoes dan moet jy maar uit die sameleweng verwyder word. As mens ső dom is moet jy maar sukkel en gestraf word. Geen simpatie nie.

Frank John ·

En dit net sodat sy geld kan kry ongeag die lewens wat verwoes word. Selfsig van kriminele en die begeerte na geld. En nog wil sy in hof baklei teen die wet stelsel. Wette moet hulle mos pas.

007 ·

Slegter as ‘n slegte witmens kry jy nie. Sy maak ons ras se naam baie skade. Sies!

Magda G ·

Sy moet vir ewig agter tralies bly.
Te veel mense het hulle lewens verloor agv dwelms. Sy dink net aan geld

Rooikopheks ·

Vermeende dwelm handelaar as sy by haar huis met die dwelms betrap word, nie die eerste keer nie. Skokkend dat sulke gewetenlose mense met sagte handskoentjies aangevat word. Die waarheid is dat sy verantwoordelik is vir mense se dood, opbreek van families, kinders wat verhonger en verwaarloos word agv ouers se verslawing . Sulke mense verdien nie tronkstraf nie, wel die doodstraf.

Swerwer ·

Dankie Vader dat sy nie borgtog gekry het nie. Daar is nie plek in die samelewing vir sulke optrede nie.

KatjieDeKat ·

As jy wil handel dryf met dwelms moet jy maar vat wat na jou kant toe kom. Ek is seker niemand het haar met n rewolwer teen die kop geforseer om dit te doen nie. Keuses het gevolge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.