Geen borgtog vir vrou wat kind (5) glo aanrand

‘n Skermskoot uit die video.

Die 35-jarige vrou wat in hegtenis geneem is nadat sy na bewering haar vyfjarige seun brutaal oor skoolskoene aangerand het, het in die hof verskyn.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Giveness Matlou Thansa (35) van die Cooperspark-nedersetting het Donderdag in die Matlala-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklagte van kindermishandeling en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die saak is tot 30 April uitgestel.

Volgens Ngoepe is Thansa se aansoek om borgtog geweier en sal sy dus in polisieaanhouding bly.

Maroela Media het vroeër berig die vrou het haar kind glo met ʼn lat aangerand nadat sy hom daarvan beskuldig het dat hy sy skoolskoene verloor het.

“Die seun het in die proses verskeie ernstige beserings oor sy hele liggaam opgedoen,” het Ngoepe gesê. ʼn Omstander het ʼn selfoonvideo van die beweerde voorval geneem en aan die polisie verskaf.

Ngoepe het gesê die kind is ná die voorval na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling, maar is intussen ontslaan en is tans onder sy ouma se toesig.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lee ·

Arme kind. Watter kind verloor nie skoolskoene nie. Ek het ook en het toe kaalvoet skooltoe gegaan. My ma het my darem nie half dood geslaan nie. Hoekom het jy ‘n kind mevrou as jy hom so behandel. Swak!!

Nee hoor ·

Vreemd die ander mense wat verbyloop en selfs staan en kyk en niks doen nie .. Vreemde gedrag in SA wat goedgekeur word. Was dit ‘n witte wat ‘n swarte so geslaan het was dit wereldnuus vandag ~!

Denise ·

Dit laat my nou dink aan wat Trevor Noah gese het when we get a beating they realy beat you !!!!!

Elize C ·

Dit is ongelukkig waar Denise. Jare gelede het ek eendag op die platteland ‘n kind aanhoudend histeries hoor skreeu, en toe uit die huis geloop om te kyk wat gaan aan, ek was bang ‘n kind het dalk in die breë water-kanaal wat langs die straat afloop, ingeval. Ek sien toe in die oop stuk veld oorkant die pad die 2 vrouens wat duidelik besig is om vuurmaakhout bymekaar te maak, met ‘n kleinding van seker so net oor ‘n jaar oud wat op die grond sit, en ‘n seuntjie van so 4 of 5 jaar oud. Die een vrou was besig om die seuntjie ongenadiglik met ‘n lat (wat waarskynlik van die doringbome in die veld afgepluk is, of op die grond gelê het) oral oor sy lyfie met mening te slaan, waar sy ookal plek kry terwyl sy hom aan die een armpie vashou. Toe ek besef maar sy hou aan en aan, het ek vir haar geskree “Haai, waarom slaan jy die kind so?” net sodat sy kan besef iemand sien haar. Sy het toe darem opgehou om hom te slaan, en net vir my gesê: “Want hy wil nie luister nie, hy hou aan om die kleintjie op haar kop te slaan….” Of die “op die kop slaan” dalk net ‘n spelerige klappie op sussie se koppie was, en of hy vir sussie regtig hard geklap het teen die kop, en of die mamma net moeg was vir praat en praat, is ‘n ope vraag..

Ekke ·

Hoe in jou lewe kan jy jou eie kind so slaan… mens slaan nie eers ‘n dier so nie…harteloos….

fm ·

Geen ontwikkelde/emosioneel volwasse mens slaan aan ‘n ander mens (ook ‘n kind) OF ‘n dier nie. Nooit ooit nie.

Carol ·

Die persoon wat die video geneem het en toegekyk het hoe die arme kind aangerand word moet ook aangekla word!!!!!!!!!!!!!

Mariana ·

Genade dit is baie erg, wat my egter nog meer ontstel is die feit dat die volwassenes dit afneem, maar nie die arme kind help nie.

Iemand ·

Dit is goed dat die volwasenne dit afgeneem het. Wie weet dalk rand doe ma gereeld haar ki d aan. Nou was daar n duidelike beqys en die ma gaan tronk toe gaan. Die persoon wat die video geneem het is n held.

Vermeendes ·

Ja net in SA, julle weet seker as sy hom dood geslaan het dan kon sy borg kry.
My pa moes my meer geslaan het dan was ek dalk vandag n geleerde mens met nog meer respek maar tug is mos vandag aanranding en poging tot moord.

Susara ·

Gaan die persoon wat die video geneem het, (die fluitjie blaser) ook nou toegesluit word?
Of gaan die persoon deur een of ander wet beskerm word?

Oom Kalahari ·

Dit is kulturele optrede en wie is ons nou om ‘n ander kultuur se gedrag te probeer verander. Die Ma het sekerlik nog tien ander kinders en as elkeen skoene verloor wat gaan dit haar nie kos nie. Sy wil nie in die blanke plakkerskamp opeindig om in die skoene mark te bele nie.

Gerrit ·

Die kinders kry pakslae en het dissipline die wat nie pak kry nie word malemas en gee die aktiviste teen dissipline en slae n moeilike tyd vir die res van hulle lewe.

Sharon ·

Sluit haar toe en gooi die sleutel weg. Dit is ‘n voorreg om ‘n kind te kry en kyk hoe verniel sy haar kind! Dit isxaanranding nie pakslae nie!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.