Geen brandweerwaens in Thabazimbi beskikbaar

Argieffoto (Foto: Michael Schwarzenberger/Pixabay)

Die Demokratiese Alliansie in Limpopo sal vrae aan die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, rig om te bepaal watter planne in plek gestel word om die tekort aan brandbestrydingsvoertuie in die Thabazimbi- plaaslike munisipaliteit te takel en wanneer onklaar brandweerwaens herstel sal word.

Thane Hearne, speaker van die munisipaliteit, het gesê Thabazimbi-rampbestuur is tans in besit van ʼn Nissan-bakkie, ʼn Toyota-bakkie, ʼn Iveco, ʼn Tata-vragmotor en ʼn MAN-brandweerwa.

Die instandhouding van dié voertuie is die verantwoordelikheid van die Waterberg-distriksmunisipaliteit.

“Die MAN-vragmotor het geen pomp nie en kan dus nie gebruik word om brande mee te blus nie,” het Hearne bygevoeg. “Die gebrek aan instandhouding van die voertuie is ʼn voortgesette kommer vir die DA, want dit is duidelik dat die Waterberg-munisipaliteit geen planne het om die situasie te takel nie.”

ʼn Tweede MAN-vragmotor staan glo al twee jaar by die Brake and Clutch-sentrum in Thabazimbi, maar is nog steeds nie herstel nie. “Die afwesigheid van ʼn enkele operasionele brandweerwa bedreig die lewens van ons inwoners. ʼn Toename in beurtkrag en kouer aande beteken ook ʼn groter risiko in veral digbevolkte informele nedersettings.”

Thabazimbi het boer- en mynbougemeenskappe wat oor groot afstande strek in Thabazimbi, Northam, Dwaalboom, Leeupoort, Rooiberg en Kromdraai. “Indien ʼn brand sou uitbreek, sal dié gemeenskappe kwesbaar wees.”

Hearne het gesê die DA doen ʼn beroep op die distriksmunisipaliteit om die herstel van die bestaande brandweerwaens te prioritiseer en seker te maak dat daar voldoende brandbestrydingstoerusting beskikbaar is.

“As ʼn DA-koalisieregering in Thabazimbi werk ons onverpoosd om ʼn veilige omgewing te verseker deur druk te plaas op die Waterberg-distrik om brandbestrydingsvoertuie te verskaf sodat daar behoorlik op brande reageer kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Miskruier ·

Ek wonder hoeveel meer dorpe het die probleem. Die polisie se voertuie word nie eens herstel nie.

Theuns ·

In Richardsbaai sluit die enigste Polisie hul kantoor on 23h00 weens die feit dat hul onveilg voel. Geen buiteligte werk reeds vir maande nie. Polisie is die nag glad nie beskikbaar nie…dit lei weer tot die feit dat die “curfew” glad nie afgeforseer word nie wat beteken verkeer gaan aan soos altyd. Dis nag vir wetstoepassing. Geen toepassing van Covid19 reels is sommige areas wat direk bydra tot feit dat KZN ‘n COVID19 hotspot is en steeds bly. Dit sluit skole en taxis in. .Taxi eienaars word gereeld doodgeskiet in die sakesentrum… senior personeel by myn in hul oprit by die huis vermoor..

Sarel ·

Gedn Brandweerdienste of water bedkikbaarte Vanderbijlpark.
Telkom Tekefoonlyne afgesit weens wanbetaling en Randwater het druk vermindet weens wanbetaling

Elize ·

Ek sien soveel potentiaal. Lei motorwerktuigkundiges op. Daar is duidelik ‘n GROOT tekort.

Theuns ·

Indien hul nie cadres is nie, sal hul NOOIT werk kry nie. Opleiding is nie probleem. Dis baantjies vir boeties wat probleem is. Hoe los opleiding dit op?

Jakes ·

Hierdie is maar net n verlenging van al die chaos wat in SA aangaan. Maar stem vir die ANC sal die volk.
Die enigste oplossing vir elke burger is om die gemors uit te stem by die stembus.

Androclus ·

Die mense se oë bly dan toe,hulle stem ANC en kry die volgende 4+ saam met my swaar ,wat teen die ANC stem,hoe belaglik is dit nie.

Theuns ·

In Richardsbaai was net 2 van 28 -AGT- EN TWINTIG- Vullisverwyderings voetuie in b ruikbare toestand! Van die res staan vir elementere dinge soos flikkerlig wat nie- hul weier om te ry ens. Na klagtes na die DA en ingryping deur DA is voertuie ingehuur. Dis chaos na die hele bestuur vervang is weens interne gevegte. Gereelde betogings en tyre brandery is nou die orde van die dag. GEEN munispilaiteit inder Ramap[hosa se ANC cadres is effektief nie. Benodig verandering in verkiesing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.