Geen duidelikheid oor toekoms van NWU se Mafikeng-kampus

Die skade wat deur betogers aangerig is op die NWU se Mafikeng-kampus. Foto: Facebook

Die skade wat deur betogers aangerig is op die NWU se Mafikeng-kampus. Foto: Facebook

Die bestuur van die Noordwes-Universiteit (NWU) het Donderdag gesê ʼn uitgebreide plan sal opgestel word om die Mafikeng-kampus so gou moontlik te heropen, maar wanneer dit sal gebeur, is nog nie duidelik nie.

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, het in ʼn verklaring gesê hy is geskok oor die geweld wat Woensdag op die kampus gewoed en daartoe gelei het dat die kampus vir ʼn onbepaalde tyd gesluit moes word. “Dit het gebeur ten spyte van alle pogings wat ek, saam met die kampusbestuur, aangewend het om die situasie te hanteer,” het hy gesê.

Volgens Kgwadi is die geweld nie ʼn geïsoleerde voorval nie en moet op nasionale vlak hanteer word. “Ek het [Donderdag] ’n vergadering met die minister van hoër onderwys en opleiding en Universities South-Africa bygewoon. Verder is ek heeltyd in verbinding met alle kampusbesture om op die hoogte te bly van die huidige stand van sake.”

Die skade wat deur betogers aangerig is op die NWU se Mafikeng-kampus. Foto: Facebook

Die skade wat deur betogers aangerig is op die NWU se Mafikeng-kampus. Foto: Facebook

Intussen het die NWU-bestuur bevestig dat dit nie moontlik sal wees om die studente van die Mafikeng-kampus op die Potchefstroom- of Vaaldriehoek-kampus te huisves nie, aangesien die lesinglokale en koshuise reeds vol is. Of die studente van die Mafikeng-kampus in staat sal wees om hul studie vanjaar betyds af te handel, is steeds nie duidelik nie.

Adv. Johan Kruger, NWU-raadsvoorsitter, het Vrydag aan Maroela Media gesê hy is nog nie bewus van enige besluite wat geneem is rakende die studie van die Mafikeng-kampusstudente nie. “Hierdie besluite sal deur die institusionele bestuur geneem word en hulle hou ons deurlopend ingelig van alle besluite. Ek het egter nog geen terugvoer ontvang spesifiek met betrekking tot die studie van die Mafikeng-kampus se studente nie,” het hy gesê.

Hy het beklemtoon dat die raad die voorvalle van vandalisme en geweld ten sterkste veroordeel en dat hulle hul voortgesette ondersteuning aan alle sfere van bestuur by die NWU sal gee. “Die raad het volle vertroue in die vermoë van die bestuur, onder leiding van die visekanselier, prof. Dan Kgwadi, om die situasie doeltreffend en met wysheid te hanteer.”

Maroela Media kon nie Vrydagoggend ʼn woordvoerder van die universiteit bereik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

DPJ ·

Die revolisie op universiteit het ver gevorde.
Wil die teroriste nou die ANC uit die stoel lig?

Toy ·

Waar gaan hulle STOP???? Sluit die wat skuldig is toe of moet hulle nie toe laat om ooit weer op geen kampus te gaan leer nie. Laat ons dan sien of hulle n werk gaan kry soos wat hulle sou gekry het as hulle kon gaan leer het. Want ons as belasting betaaler sal daarvoor moet op dok

Dave ·

Dit is reg hulle gaan nou n hele jaar se akkedemies verloor. Nie toegelaat word by Potch of Vaal kampus. Kry vir julle

anna ·

Ek stem saam!!!!
Kry vir julle – wie weet hulle kry dalk graad oor ‘n maand!

Deloris ·

Hulle het dit afgebrand …. laat hulle nou sukkel. Dit was daar maar dit was nie goed genoeg nie. Hulle het hulle eie gat gegrou. 10 teen 1 sal die regering seker maar WEER een bou met ons geld.

Belinda ·

Hulle wil mos nie leer nie en waar hulle wel brand en breek staan die volgende een en bied aan om alles weer op te bou so rus n jaar en volgende jaar besuit julle maar wat julle wil doen……….net baie jammer vir die wat nou nie betrokke was en regtig wou leer……………

Anoniem ·

Los hulle…laat hulle afbreek..afbrand…Kom ons bou ons eie…Daar is baie geboue wat in onbruik staan…Maak hul eg AFRIKAANSE Universiteite……

Dup du Plessis ·

…….huilend by die treinstasie oor die trein wat laat is ……..omdat dit gister uitgebrand is………Afrika jou unieke kontinent waarin die hele wêreld pas ………of dalk nie…….

Bach ·

Nerens lees ek dat die polisie die saak ondersoek nie. Wat gaan aan?

Anoniem ·

Skies Bach….maar jy vergeet blykbaar..die is Suid Afrika tyd……nie belangrik nie…Hoe meer afgebreek en gemoor kan word hoe beter vir hulle.

Skep Ties ·

DPJ, dink jy nie dit sal ‘n goeie plan wees om net die kampus permanent te sluit as ‘n instelling van hoër onderwys en dit dan inhuldig as ‘n “struggle” museum nie? Want dis mos die enigste ding wat geld in SA vandag. . . Die “struggle”…Net sodat almal die pynlike verlede van swart SA’ners kan ervaar en die loutere stryd waar deur hulle moes gaan nie. . . Net nie vir enige iemand sê dat hulle dit self afgebrand het nie. (Tong in kies)

Groenie ·

As jy iets verniet kry waardeer jy dit nie. Dalk moet die skuldiges dit self weer opbou, en volgende keer twee keer dink voor hulle iets kosbaars verwoes. Dalk het hulle nog nie gehoor die struggle is verby en RSA behoort aan die meerderheid nie. Mens noem dit demokrasie in eerste wêreld lande. Al wat hulle hoef te doen is stem die wat nie wil saamwerk uit. Dan kan jy jou eie reëls maak en dalk n graad in die kolonialis se taal verniet kry en dalk sonder om te leer… Is dit nie dalk ook hoogveraad as jy jou land verwoes en sy mense weerhou van n geleerde toekoms nie? Of is dit n derde mag met n baie skerp plan….te toevallig oor die hele land en baie goed beplan. En die manne aan stuur van sake slaap rustig voort.

Jan ·

Hier sien ons ‘n herhaling van die verlede. Onthou die afbrand van die skole en ander geboue wat aan die massas gegee was in die jare tagtigs. Want dit kom dan mos van die ‘opressors’. Wel breek en brand dan nou maar af…maar maak dan nou maar die institusie toe. Laat dié wat waag en die risiko wil neem om weer op te bou, dan maar bou. Maar een ding is verseker, ek en baie ander betaal nie vir iets wat weer afgebrand gaan word nie. Hierdie pyromane moet seer sekerlik ‘n les geleer word. Dit sal ontsettend kortsigtig wees van die universiteit om geld te spandeer op iets wat weer afgebrand gaan word. Daarom vra ons: dink bietjie vooruit vir ‘n slag, senaat! Mafikeng kampus is geskiedenis. Laat dit gaan…los dit uit. Dis soos die slegte broer wat die huis verlaat het. Hy kom nie terug nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.