‘Geen E.coli in Bloem se drinkwater’

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van waterwese het Maandag gesê daar steek geen waarheid in die gerugte dat daar tekens van E.coli in Bloemfontein se drinkwater is nie.

Dit kom nadat foto’s op sosiale media gedeel is van vuilbruin drinkwater en gerugte dat daar geringe tekens van E.coli in die stad se drinkwater gevind is.

Kido Thoabala, woordvoerder van die departement van waterwese in die Vrystaat, het gesê die departement, Bloemwater en die Mangaung-metro het ondersoek ingestel na die bewerings en die water deur kenners laat toets.

“Die resultate het gewys die water wat aan Bloemfontein verskaf word voldoen aan standaarde soos uiteengesit deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (Sans). Daar is geen tekens van E.coli of bykomende dosisse chloor wat in dié stadium in die reservoirs gebruik word nie.”

Thoabala het gesê inwoners wat navrae het oor die kwaliteit van drinkwater kan 0800 111 300 of (051) 410 6689 skakel. Hulle kan die departement ook kontak by 0800 200 200.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

maureen cronje ·

Sjoe! my man was hondsiek van Bloemwater wat ek vir hom saam met n pil gegee het wat n dag of wat gestaan het tydens die ATKV Tienertoneel kompetisie.

Johann Barnard ·

Ek sal maar versigtig wees as ek n inwoner van Bloem is.

snoefie ·

o neen my terug na die ou transvaal daar waar die NP was. toe was daar bitter selde vuil water met e_coli of cholera in. toe mies alnal wat lopende water of brandende ligter gehad het daarvoor betaal.

m ·

Met sulke onbevoegte mense wat orals in “beheer” is wonder mens……………… Niks word mee onderhou nie

johan vd Kooy ·

Die teenwoordigheid van E.coli bakterie is hoogs waarskynlik as die water se troebelheid (Suspended Solids) hoog is. Lyk dan soos vaalbruin water.
Die kolloidale deeltjies ( partikels wat SS en Troebelheid veroorsaak) in die water, verhoed die chloor om sy werk te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.