Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, het Donderdag bevestig daar is geen Ebola-geval in Suid-Afrika nie.
Daar is vermoed dat ʼn vrou van Guinee met die virus besmet was, maar die uitslag was negatief. Sy is in die Rahima Moosa-hospitaal opgeneem omdat sy begin kraam het. “Sy het ʼn hoë koors gehad en sy is getoets vir die virus,” het Motsoaledi gesê.
Intussen het Nigerië nog ʼn geval van Ebola aangemeld.
Altesaam 1 069 mense is reeds in Wes-Afrika weens die Ebola-virus dood.
Ebola is lankal in suid afrika ,met n regering wat so korup is vat alles wat hulle se met n sak sout en nie n knippie nie