Geen Ebola in Suid-Afrika

Dokters Sonder Grense neem 'n ebola-slagoffer weg Foto: thewestsidestory.net

Dokters Sonder Grense neem ‘n ebola-slagoffer weg Foto: thewestsidestory.net

Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, het Donderdag bevestig daar is geen Ebola-geval in Suid-Afrika nie.

Daar is vermoed dat ʼn vrou van Guinee met die virus besmet was, maar die uitslag was negatief. Sy is in die Rahima Moosa-hospitaal opgeneem omdat sy begin kraam het. “Sy het ʼn hoë koors gehad en sy is getoets vir die virus,” het Motsoaledi gesê.

Intussen het Nigerië nog ʼn geval van Ebola aangemeld.

Altesaam 1 069 mense is reeds in Wes-Afrika weens die Ebola-virus dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

2Roedolf1 ·

Ebola is lankal in suid afrika ,met n regering wat so korup is vat alles wat hulle se met n sak sout en nie n knippie nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.