Geen ekstra geld vir KZN beskikbaar

(Foto verskaf deur die DA)

Beamptes van die departement van menslike nedersettings het aan die portefeuljekomitee in die parlement bevestig dat geen fondse, buiten bestaande jaarlikse toelae, toegeken sal word aan KwaZulu-Natal vir behuisingsverwante vloedverligting nie.

Dit volg ná meer as 14 000 huise in die provinsie beskadig of verwoes is tydens oorstromings in April.

“Beamptes het ook bevestig dat die nasionale departement nie bykomende verligtingsfondse uit entiteitsbegrotings kan verskaf soos wat die minister vroeër aangedui het nie,” sê Emma Louise Powell, die DA Se skaduminister van menslike nedersettings. “Dit is omdat die departement eers moet wag vir ʼn oudit van sy finansiële state vir die vorige finansiële jaar en dit gaan eers in September gereed wees.”

Die departement het die provinsie en die eThekwini-munisipaliteit (Durban) versoek om bestaande begrotingstoelae te herprioritiseer.

“Die munisipaliteit het die voorstel van die hand gewys en gesê alle geld is reeds toegeken aan bestaande projekte. Daar is geen oorblywende geld uit die toelae wat gebruik kan word vir rampverligting nie,” voeg Powell by.

Die eThekwini-munisipaliteit kan boonop ook nie vir die departement ʼn aanduiding gee hoe hulle van voornemens is om herstelwerk aan die Umlazibrug (en ander infrastruktuur) te finansier nie.

(Foto verskaf deur die DA)

“Die enigste bykomende toelaag wat moontlik beskikbaar gemaak kan word, is uit die noodbehuisingsverligtingstoelaag. Die nasionale departement het egter nog nie ʼn besluit geneem oor hoeveel van dié toelaag toegeken sal word aan KwaZulu-Natal en wanneer dit sal gebeur nie. Dié R500 miljoen-toelaag moet alle behuisingsverwante rampe landswyd vir die komende finansiële jaar dek en daar is geen beperking wat toegepas word op die proporsionele verspreiding deur die tesourie nie.

“Vier weke ná die oorstromings is dit onduidelik of daar enigsins iets of hoeveel toegeken sal word aan KwaZulu-Natal.”

Duisende inwoners wat haweloos gelaat is, bly steeds in sale en die departement van maatskaplike ontwikkeling het reeds sy voedingsprogram opgeskort. “Dit is nie duidelik hoeveel langer dié mislukte regering kan verwag dat hawelose inwoners geduldig sal bly nie. Toestande op grondvlak, soos duidelik blyk uit my besoek aan die provinsie verlede week, is betreurenswaardig. Gemeenskappe het nog nie enige inligting oor planne wat in plek gestel is nie, terwyl beamptes van die nasionale departement bevestig dat die ‘taakspan’ weekliks vergader om planne te bespreek.”

Powell sê die enigste geld wat die provinsie vir behuising sal ontvang, is die geld waaroor hy reeds beskik. “Dit is die R922 miljoen wat nou intern heraangewend moet word uit bestaande behuisingsprojekte in die provinsie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Daniel ·

Maar wag! Daar is R22 miljoen vir ‘n vlag en R50 miljoen as geskenk vir Kuba????

Burgermeester ·

My mens, my kind, my kroon,
Hier waar ek met my koffie in die hand oor die vlaktes van Hebron tuur dink ek mos by myself, … self … jy is nie ‘n vuurpyl wetenskaplike nie net ‘n proefbuis baba. Maar, jy is nie verkeerd om te dink dat daai finansieële fondse wat vir Kuba en die lang paal en vlag moet gaan, beter aangewend sou word vir vloedverligting en onderhoud vir ESKOM se opwekkingseenhede. Hopelik kom die soustrein-bestuurder dit ook tot dieselfde slotsom?

annie ·

Catch-’22. Na al die bravade en praat is ons terug by ANC-1994. Nogal in Natal waar die uwe Zuma steeds koning kraai as super-leier. G’n beplanning al die jare net geskreeu vir human rights to do its wrongs. Ons land is totaal ongereed vir enige groot krisis. Die buite-wêreld is self besig om weg te spoel in hul eie dwaahede. ‘De darling of de world’ sal sy eie potjie moet begin krap.

Anel ·

Maar daar kan R22milj aan ‘n paal met ‘n lap op gespandeer word en R50 milj kan vir Kuba gegee word en nog miljoene aan naamsveranderings, MAAR daar kan nie in die behoeftes van die armesvoorsien word nie. Of werk skep of wat ookal nodig is in ons eie land nie. Maar mors geld waarvoor hulle nie gewerk het nie op gemors!!!!

Nico ·

Die ANC regering wil vir Kuba help met R50, 000, 000 help en die mense in SA moet suffer.

Yvonne ·

So die president het gelieg…..of te gou beloftes gemaak…..maar hulle wil teen alle mag en krag geld aan Kuba skenk…ruik n rot

Jack ·

Die ramptoestand wat mnr aangekondig het was waarvoor? Bekstories dis al.

christo ·

Daar’s 22 miljoen vir ‘n reuse vlag maar geen geld vir die herstel van skade in KZN nie. Ramaphosa put your money where your mouth is. ‘n Regte Piet Promises, die president.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.