Geen elektrisiteit vir Vrystaat-munisipaliteite

Argieffoto

Argieffoto

Eskom beplan om Vrydag die kragtoevoer na drie munisipaliteite af te sny totdat hulle hul skuld van R736 miljoen terugbetaal het.

“Die Ngwathe-, Dihlabeng- en Maluti-a-Phofung-munisipaliteite se krag sal Vrydagmiddag om 12:00 afgeskakel word,” het Anthony Stott, woordvoerder vir Eskom, gesê. “Hulle het nog nie met ʼn plan vorendag gekom om die skuld af te betaal nie en hul betaal ook nie hul lopende rekening nie.”

Stott het gesê van die munisipaliteite het sedert Julie slegs gedeeltelike betalings gedoen of selfs glad nie. Die kragtoevoer word opgeskort totdat die munisipaliteite ʼn aanvaarbare betalingstruktuur aan Eskom kan voorhou. “Dit is die laaste uitweg. Ons het ooreenkomste met ander munisipaliteite aangegaan,” het hy bygevoeg.

Hy sê die munisipaliteite is al in Mei gewaarsku en daar was glo sedertdien onderhandelings tussen die provinsiale regering en Eskom. Die aanvanklike sperdatum was 31 Augustus en toe 30 September.

Die Demokratiese Alliansie het intussen gesê hy kan nie toelaat dat betalende inwoners aanspreeklik gehou word en gedreig word met die opskort van dienste weens munisipaliteite se onbekwaamheid nie. “Ons sal ʼn regsmening inwin oor stappe wat ons kan doen om die afsny van die kragtoevoer te verhoed,” het DA-LP James Letuka, in ʼn verklaring gesê. Hy het gesê die provinsie, onder die leierskap van Ace Magashule, stuur af op ʼn ernstige finansiële krisis. “Tensy die provinsiale regering dringende maatreëls toepas, sal die provinsie onder administrasie geplaas word.”

Die Ngwathe-munisipaliteit bedien Edenville, Heilbron, Koppies, Kwakwatsi, Mokwallo, Ngwathe, Parys, Phiritona, Tumahole en Vredefort.

Die Dihlabeng-munisipaliteit bedien Bethlehem, Bohlokong, Clarens, Fateng-Tse-Ntsho, Fouriesburg, Masjaing, Mautse, Paul Roux, Rosendal en Vaalbank.

Die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit bedien Bolata, Harrismith, Intabazwe, Kestell, Mabolela, Matsieng, Monontsha, Namahadi, Phomolong, Phuthaditjhaba, Thaba Bosiu,
Thaba Tshweu, Thibela, Tlholong, Tshiame, Witsieshoek en 42nd Hill.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

MartinLJ ·

Lyk darem nie so nie, Christine.

Dis Nag in die middle van die Dag

pop ·

Arme mense wat betaal gaan nou swaarkry omdat niemand iets doen omtrent al die krag wat gesteel word na plakkershutte toe nie. Ek weet van iemand hier wat R3500>vra om n lyn van die kragpaal aan te le, en hy doen vluks besigheid. Nou is die krag na al daai huise verniet, of nee wag< die mense in die dorpe wat rekeninge kry betaal mos. Ek wil so gou moontlik uit hierdie land kom

scalla ·

die onbevoegde amptenare misbruik die fondse vir enige iets behalwe om rekenings te betaal, jaag hul weg en stel kundiges aan, so verval alles, kan nie eers die bestaande infrastruktuur in stand hou nie.

Charmain ·

Dis hoekom ek so bly is ons is uitdie land uit. Mense kan liewers se ons het n chicken run gedoen as omso te flippen sukkel en in brees te lewe, mee dankie.

michael ·

My gat se deksel hkm eers wag dat die skuld loop tot en met R736000000 nou will hulle dit af sit hulle moes mos lankal iets gedoen het nou moet onskuldige mense ly hkm het eskom nie beging dryg toe die skuld op R100 000 geraak het nie kyk waar is dit nou ek se haal maar all die krag draade uit dardie dorpe sal krag nooit weer sien ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.