Geen erfporsie vir rokers nie

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Dawid van Vuuren, ʼn sakeman van Pretoria, se twee seuns is hul erfporsie kwyt omdat hulle geweier het om op te hou rook, het The Star Woensdag berig.

Van Vuuren se seuns, Daniel en Marius, is uit die testament gelaat en al sy bates is aan sy twee dogters bemaak.

Volgens die koerant het Marius in die Pretoriase hooggeregshof die handgeskrewe testament betwis wat eers na sy pa se dood opgespoor is. Hy het gesê hy beskou die dokument as bloot ʼn dreigement vir Daniel. Volgens hom het Daniel voor hul pa se dood gesê hul pa het die “testament” opgestel waarin die dogters as enigste erfgename benoem word, in ʼn poging om hulle oor te haal om op te hou rook.

Maar Daniel het gesê hy het eers na sy pa se dood van die “testament” te hore gekom, het die koerant berig. “Die waarheid is dat my pa my ʼn paar keer aangespreek het en gedreig het om my te onterf indien ek nie ophou rook nie. Ek het dit nooit ernstig opgeneem nie,” het hy gesê.

Regter Cynthia Pretorius het gesê geen ander testament buiten die handgeskrewe testament is opgespoor nie. Sy het die Meester van die hof beveel om die dokument as die ware testament te aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

zahn ·

En daar gaan hule erfposie op in rook…Ai, as ‘n kind nie wil luister nie, moet hy voel. Al is die twee broers hoe oud, hulle het hulle nog steeds soos kinders gedra, en die oorle pa het maar net sy dreigimente uitgevoer. Amper te goed om te hoor daar is nog streng ouers.

Janine N ·

Ag, streng se agterent, man! Klink eerder of die ou knol hul lewens wou regeer.

Piet Pompies ·

Chopper parents….. “Honey, let’s fly over (visit the kids) to see what they are doing”
‘n Volwasse persoon kan sekerlik besluit of hy wil rook of nie, skiet daai chopper af…..

Charl ·

Ja, en n volwasse persoon kan self besluit wat hy met sy eie geld, waarvoor hy gewerk het, wil maak……

Johanna ·

Regeer uit die graf het die oumense dit genoem. Ek hoop die twee dogters is nonne want daar is groter sondes as rook.

Elfie ·

Johanna, rook is nie ‘n sonde nie, dis sleg vir mens en veral vir die arme mense om jou wat die gemors moet inasem (vrou kinders ens) om jou wat nie ‘n keuse het nie. Ek is BLY die oom het dit gedoen. Ek PES rokers en hul stinkende kankerstokke.

Janine N ·

Toemaar, kanse is bitter skraal dat hierdie roker naby so suurkoek soos jy sal kom! Liewe wetter! Ons pes ook maar hoogheiliges soos jyself.

Paula ·

Rerig nou Elfie, sjoe pes is soos haat. Doen jy nie ook maar dinge wat ander nie van hou nie. En bygesê ek is nie n roker nie, maar oordeel nie mense wat wel rook nie.

Erika ·

Ek glo die man kan met sy geld maak net wat hy wil. Hy het hard vir sy geld gewerk, nie sy kinders nie. Dit was sy keuse.

Elfie ·

Erika – NET so. Dis natuurlik nou net die ou spul stokers wat hier suur galbraak oor die man se keuse wat HY met sy geld wil maak.

Bielie ·

As ‘n ouer jou onterf net omdat jy rook, dan het hulle wragtig nie ‘n pa gehad wat vir hulle lief was nie, warts and all.

Sollie ·

Nee Bielie – dis JUIS uit liefde gedoen, hy het seker al gesien wat rook aan mense doen. My oom is dood aan longkanker – homself letterlik in die hospitaal ingerook en hy is ook al snakkend na asem dood. DIS wat gebeur. En dus het die man juis sy seuns uit liefde probeer weghou van gemors. Dis nou net sowel die seun drink en raak ‘n alkoholis, moet hy dan nou maak asof dit reg is anders is hy nie lief vir hom nie hulle nie? Hoe belaglik! Daar is ‘n gesegde ” sometimes you have to be cruel to be kind” en ek dink dis presies wat die man gedoen het.

Jeanetta Taljaard ·

Hoe belaglik. Ek neem aan sy dogters is nog maagde, of nie, want solank hulle net nie rook nie. Dankie tog vir die ouers wat ek gehad het. Nie hul neuse in hul groot kinders se lewens gesteek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.