‘Geen gevaar ná ontploffing by raffinadery’

(Foto: SAPD/Twitter)

Astron Energy het bevestig die ontploffing wat Donderdag vroegoggend by sy Milnerton-raffinadery in Kaapstad plaasgevind het, sal nie die verskaffing van brandstofvoorraad beïnvloed nie. Dié maatskappy verseker ook omliggende gemeenskappe dat die ontploffing geen verdere gevaar vir hulle inhou nie.

Maroela Media het vroeër berig dié ontploffing het omstreeks 04:00 die onmiddellike omgewing geskud.

Astron Energy het die dood van twee van sy werknemers, ’n man en ’n vrou, tydens die ontploffing bevestig. Sewe mense is in die voorval beseer. Twee van dié sewe is steeds in die hospitaal.

Jonathan Molapo, uitvoerende hoof van Astron Energy, het sy medelye met die families wat deur die ontploffing geraak is, betuig. Hy sê die maatskappy doen nou alles in sy vermoë om die families, vriende en kollegas van die twee werknemers wat gesterf het, by te staan.

“Ons prioriteit is nou om ons kollegas te ondersteun en om seker te maak die raffinadery is heeltemal veilig,” sê Molapo.

Molapo sê hulle is besig om die oorsaak van die ontploffing te ondersoek. Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Leon

Onbevoegde personeel.