Geen goedkeuring vir privatisering van grensposte

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake (Foto: Cindy Waxa/ANA)

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het Dinsdag aan LP’s gesê daar is geen beleid wat goedkeuring sal bied vir die privatisering van dele van nasionale grensposte nie.

Hy het die portefeuljekomitee oor binnelandse sake toegespreek oor die voorgestelde privatisering van ʼn gedeelte van OR Tambo Internasionale Lughawe aan Fireblade Aviation, wat aan die Oppenheimer-familie behoort, asook die moontlikheid van privatisering van dele van die Kaapstad Internasionale Lughawe en die lughawe in George.

Die minister het goedkeuring vir Fireblade Aviation teruggetrek om ʼn privaat doeane- en immigrasiediens by OR Tambo Internasionale Lughawe te bedryf. Die departement het na bewering nagenoeg R1 miljoen aan regskoste spandeer in die stryd teen Fireblade.

“As die minister toestemming gegee het, sou die minister tot aan die einde die wettige voorskrifte gevolg het. In die afwesigheid van dié voorskrifte, hou ons vol dat daar geen goedkeuring vir só besluit was nie en die saak is dus irrelevant,” het Gigaba gesê.

“Die kwessie is egter die beginsel wat van toepassing is of behoeftiges eers goeiegehaltediens kry nadat die rykes dit gekry het. [Dit lyk of] die wette van die land geminag kan word waar welgesteldes ter sprake is en waar die regering gratis dienste aan ryk mense kan bied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

PJ ·

Hoekom is hierdie slim meneer nog nie in die pad gesteek nie ????

D P J ·

Omdat hy ‘n “J Z” marionet is en ‘n bedreiving “C R” is.
C R moet fyn trap in dis petersilie.

Johann ·

Whara whara… plaas hy verduidelik hoe en hoekom sy vrou ons belastingbetalers se geld uitgee op haarself? Die soort van spoils wat die “rykes” soos die minister blykbaar is?

Behalwe die Dlamini tannie, GROOTSTE Zumaikie wat nog lekker los loop?

Oom Kalahari ·

Hhhmm….die meester van die spandabelrige gesin. Hy moes ook al lankal sy baadjie afgeskud het op die lang pad na Nkandla.

Jaycee ·

Wanneer die ANC regering ‘n saak hanteer loop dit op ‘n gemors uit maar weens hulle verdraaide ego’s gebaseer op onbekwaamheid weier hulle enige oplossing vanuit ander oorde waar mense iets wil doen om die probleem aan te spreek. Niemand mag iets besluit of doen wat sal wys hoe die ANC in sy pligte faal nie.

John ·

Hoekom troetel CR Gigaba nog? Is die ANC so voor die verkiesing besig is sy geledere saam te snoer om te veel skade en verlies aan ‘face’ te verhoed of weet ons maatjie te veel van sy baas se sake? Die prez probeer ‘n front voorhou dat hy in beheer is en dat dinge nou net kosher gaan geskied. As die eerste domino skeef val, gaan die hele nuwe spoortjie uit aksie vries. De Lille is die nuwe blommetjie in die tuin, maar die takkies is ok maar vol dorings…

Nel ·

Die prez stel net belang om viool te speel in die buiteland om die bedelbeurs vol ‘pennies’ te hou. Wat op eie bodem aangaan blyk hom nie veel te skeel nie of hy is totaal en al in die magsgreep van die groepie ANC-mafia wat nogsteeds die kitaar slaan.

Joe Hall ·

Gigaba en sy vrou wat op staatskoste in die buiteland rondrits en in peperduur hotelle rondlê, asof daar geen einde aan die rykdomme is nie, is uiteraard goed bekend met lughawens, paspoort- en doeane-beheer.
Hierdie ‘kennis’ en ‘ervaring’ het natuurlik die nuwe staatshoof/buffelboer geïnspireer om hierdie oorblyfsel van Zuma se patronaatmafia as minister van Binnelandse Sake te ‘herontplooi’.
Sodoende kan die sirkus asook die ou orkes en die narre ongestoord voortgaan sonder om die spreekwoordelike “beat” te mis.
Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde…

Tanzie ·

CR is maar net presies dieselfde as so voortgangers. Niks het verander nie en niks sal ook verander nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.