Geen goeie nuus by petrolpompe

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Die departement van energie het Maandag slegte nuus gehad vir motoriste wat uitgesien het na verligting nadat die petrolprys begin Oktober in Gauteng vir die eerste keer bo R17/l gestyg het.

Die departement het bekendgemaak die prys van petrol sal onveranderd bly weens ʼn spesiale heffing van 21,92c/l wat van November af op petrol én diesel gehef word omdat ʼn onderverhaling op brandstofpryse in Oktober tot ʼn tekort van R2,2 miljard in die sogenaamde Slate-fonds gelei het.

Terwyl die petrolprys onveranderd bly, styg die prys van diesel met 48c/l vir diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% en 51c/l vir diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005%. Die prys van gas daal met 61c/kg, maar paraffien se prys styg met 37c/l.

Minder as vier jaar gelede, in Januarie 2015, het 95-oktaan-petrol in Gauteng R11,24/l gekos en die volgende maand tot R10,31/l gedaal. Einde 2016 het dit op R12,85/l gestaan. Begin vanjaar was dit R14,42/l en in Maart R13,76/l, maar daarna het dit elke maand gestyg tot ʼn rekordvlak van R17,08, wat onveranderd in November bly.

Die departement het gesê die huidige brandstofpryse is hoofsaaklik die gevolg van internasionale faktore, soos die sterker rand en hoë ruoliepryse, berig African News Agency.

Suid-Afrika se brandstofpryse word maandeliks aangepas na gelang van buitelandse en binnelandse faktore. Buitelandse faktore is onder meer die feit dat die land ruolie asook verwerkte produkte invoer teen pryse wat op ʼn internasionale vlak vasgestel word.

Die verwagte brandstofprys vir die onderskeie sones in die land sal na verwagting Dinsdag bekendgemaak word. Die nuwe brandstofpryse tree Dinsdag om middernag in werking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Ray ·

Sal graag wil weet hoe vergelyk die Pryse van Brandstof met die tyd toe ons R 14.00 vir $1.00 betaal het en olie was op $ 140.00 per vat. Was dit nie rondom 2008/ 2009 gewees nie? Ek dink die Regering gebruik al die verskonings om ekstra geld in te vorder.

In die berig se dit agv die STERKER RAND en hoe Ru-Olie Pryse, maar as die Rand sterker word is dit goedkoper om Ru-Olie aan te koop?

Lyk my die mense gryp sommer net na enige verskoning wat amper klink of dit ‘n goeie een kan wees.

Net nog geld wat verhaal word om die Staatsondernemings op te tel

Emile Viljoen ·

Verduidelik asb die “sterker rand”. Eerstens is die Rand op sy knieë en tweedens hoe kan ons meer vir brandstof betaal as die rand sterker is?

WitBlits ·

Op 3 Okt-18 het ruolie oor 86$ per vat gekos en vandag kos dit omtrent 73$ d.w.s. vandag is die olieprys omtrent 15% goedkoper!
Die Rand het ‘n maand terug teen 14.7 teen die US dollar verhandel en vandag teen 14.2 d.w.s. 5% sterker!
As beide faktore in ag geneem word is die SA situasie 20% beter as ‘n maand terug en hoekom is die brandstofprys nie 20% laer nie?
Politici reken seker die gemiddelde SA inwoner het nie wiskundevermoë en ons kan nie somme maak nie, maar hulle liegstories mag vir andere sin maak, maar nie vir my nie!

Lindtjies ·

Met die een hand streel hulle ons hare en met die ander hand trek hulle ons hare.

zoom zoom ·

Die storie Klink vir my na ‘n klomp bollie. So desember wag daar dan ‘n surprise vir motoriste.

Ek ·

Ek verstaan regtig nie hoe werk die petrol en diesel prys nie ek glo hulle verstaan dit nog minder Maar hoekom sal jy een van jou beste melk beeste te na kom Die petrol en belasting bees

Henk ·

Want petronet, die saa en transnet word gebruik om die anc te finansier

Irma ·

As die uwe minister nie die ru-olie wat SA in bewaring gehad het , of die vorige ‘egalisasie’ fonds leeg ‘gebruik’ het op ander idees nie, sou die regering instaat gewees het om die brandstof prys beter te subsidieer. Nie alles wat van 1994 af oorgehou is was onvanpas nie ANC. Nou moet ons voorbegin om iets in plek te kry. Die regering verstaan maar bitter min van landbou. Dit is gebasseer op gebruik van brandstof vir die verbouiing van graan, wat die stapelvoedsel in baie huise is. Die onnoselheid en kortsigtige redenasies in terme van besluite wat almal raak, verstom my.

MJ ·

‘Goeie nuus’ sal die geval wees as die brandstofprys daal. Ek mag nou dalk nie ’n sent meer betaal vir my tenk petrol nie, maar die boer wat plant en die vragmotor wat dit aanry winkel toe… wat gaan die diesel pryse inelkgeval indirek aan my sak doen?! Wat ‘n klug.

Wim ·

Ek is nie seker nie,maar is dit nie goedkoper om diesel te vervaardig nie?Hoekom styg diesel so baie petrol bly onveranderd is dit nie dalk dat die diesel die petrol prys moet subsideer nie sodat die taxi bedryf nie in opstand moet kom nie, taxi passasiers begin kla omdat pyse styg so hulle word gepaai, so dit help sommer vir volgende jaar se verkiesing ook. Ek weet nie ek vra maar net

Mnr. Anargie ·

Ons moenie kla nie – die oorgroote meerderheid stem hiervoor… o_O

“Citizens get the government they deserve”.

LVH ·

Wel…..iemand moet pa staan vir e-tol. Betaal ons nie op die gewone manier nie, dan maar op eindelose verhogings.
Vra nog steeds waarom ons eerwaarde taxi bestuurders hierdie so gelate aanvaar?

Anoniem ·

Ai hoe kom hulle by goeie nuus uit. Ons koop diesel motors omdat hulle ligter op brandstof dan sit hul die prys op en se dit is goeie nuus. Dit sal net goeie nuus wees as brandstof afkom en die anc regering tot n val kom

m.d.r. ·

Ek het nog nooit van die”Slate” fonds gehoor nie. Is dit dalk dieselfde as die ou egaligasie fonds…..?

JV ·

Diesel pryse styg om die boere bankrot te laat speel, sodoende kan hul maklik grond bekom. Wat die regering nie besef, as diesel pryse styg, styg alles en die armes ly daaronder.

Judge Dredd ·

Eerstens – Die Ru-Olie prys wat in die media verskyn is die “internasionale ru-olie prys” en nie die prys wat SA betaal vir Ru-olie.
So hou op om daardie “internasionale prys” as verskoning te gebruik en sal media ons asseblief van die regte prys verskaf van SA se olie invoere.

Matt ·

Ek het vir jare die wisselkoers en olieprys gemonitor, maar het die inligting verloor as gevolg van Eskom se beurtkrag toe dit my rekenaar laat “crash” het. Soos Ray tereg opmerk het ons toe baie minder betaal as nou en die regering gebruik alle maniere om geld te in om die skuld wat hulle internasionaal aangaan, te kan delg. Die tendens wys nog altyd dat die prys meer styg as wat dit daal, ongeag hoe sterk die rand en hoe laag die olieprys is.

Varkie ·

Dink daar was toe nog SUPER ook ! Nie die 93, 95 nonsens nie, oordentlike 100 oktaan..

Sandra ·

Wat is die Slate Fonds en wat het dit met brandstof pryse te doen, waarvoor daar weer ‘n heffing op die petrolprys gesit is, om dit te befonds?? En hoekom is hierdie fonds R2. 2 miljard rand in die rooi? Wan bestuur en nou moet die gewone man op straat daarvoor opdok??

Kobus ·

Internationale prys se stert, almal weet hulle kort geld vir volgende jaar se verkiesing. Net nog `n ANC leun soos altyd.

Baie dankie CR, jy is net so sleg vir die land as wat Zuma was.

marous ·

Die mense het die gawe om met hul leuens naarheid te veroorsaak wat onkend is …. in die wereld

Ontstoke ·

Belaglik ons boere kan alreeds nie meer bykom nie. Alle produkte word duurder hoe moet die verbruiker oorleef. Kry die geld terug van almal wat so korrup was.

Esme ·

Petrol bly onveranderd, en dielsel gaan 48 sent op. Hulle wil die mense paai, wat van die boere, alles gaan nou weer op, die maatskappye gebruik diesel en nie petrol nie. Hulle wen net al die pad. Plaas hulle diesel afbring.

JJ ·

Ons voer petrol uit na Zimbabwe en Namibia, Swaziland en Botswana – ek verstaan net nie hoekom die petrol prys daar goedkoper is as hier by ons nie – vra maar net

hendrik ·

Daar is blykbaar minder korrupsie maar kyk net hoe styg pryse. Nie net staatsbeheerde dinge nie maar ook munisipaliteite. Dit lyk asof die hele klomp wat geld moet ontvang vergadering gehou het en toe besluit om ons te laat hoes.

Yankee ·

Suid-Afrika betree tans die 6 de plek vir duurste brandstof ter Wereld.

ANDRE ·

In April 2014 was die ru-olie op 115 dollar per vat en die wisselkoers R10.50 per dollar d.w.s/R1207 . per vat,en die petrolprys was R14.16 per liter.Die ru-olie is nou so 73 dollar per vat en die wisselkoers R14.50 per dollar d.w.s.R1058. per vat en die petrolprys in nou R16.49 per liter.Dit maak nie sin nie.

Cat ·

Hartseer is dat díe man op straat reeds gebukkend gaan en niks daarmee te doen het dat díe fonds tekort het. Die styging in diesel beteken net dat reeds hemehoë kospryse verder gaan styg en die man op straat verder verarm en meer “struggle” om te oorleef. Geen wen nerens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.