Geen goeie nuus by petrolpompe

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Die departement van energie het Maandag slegte nuus gehad vir motoriste wat uitgesien het na verligting nadat die petrolprys begin Oktober in Gauteng vir die eerste keer bo R17/l gestyg het.

Die departement het bekendgemaak die prys van petrol sal onveranderd bly weens ʼn spesiale heffing van 21,92c/l wat van November af op petrol én diesel gehef word omdat ʼn onderverhaling op brandstofpryse in Oktober tot ʼn tekort van R2,2 miljard in die sogenaamde Slate-fonds gelei het.

Terwyl die petrolprys onveranderd bly, styg die prys van diesel met 48c/l vir diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% en 51c/l vir diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005%. Die prys van gas daal met 61c/kg, maar paraffien se prys styg met 37c/l.

Minder as vier jaar gelede, in Januarie 2015, het 95-oktaan-petrol in Gauteng R11,24/l gekos en die volgende maand tot R10,31/l gedaal. Einde 2016 het dit op R12,85/l gestaan. Begin vanjaar was dit R14,42/l en in Maart R13,76/l, maar daarna het dit elke maand gestyg tot ʼn rekordvlak van R17,08, wat onveranderd in November bly.

Die departement het gesê die huidige brandstofpryse is hoofsaaklik die gevolg van internasionale faktore, soos die sterker rand en hoë ruoliepryse, berig African News Agency.

Suid-Afrika se brandstofpryse word maandeliks aangepas na gelang van buitelandse en binnelandse faktore. Buitelandse faktore is onder meer die feit dat die land ruolie asook verwerkte produkte invoer teen pryse wat op ʼn internasionale vlak vasgestel word.

Die verwagte brandstofprys vir die onderskeie sones in die land sal na verwagting Dinsdag bekendgemaak word. Die nuwe brandstofpryse tree Dinsdag om middernag in werking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ray

Sal graag wil weet hoe vergelyk die Pryse van Brandstof met die tyd toe ons R 14.00 vir $1.00 betaal het en olie was op $ 140.00 per vat. Was dit nie rondom 2008/ 2009 gewees nie? Ek dink die Regering gebruik al die verskonings om ekstra geld in te vorder. In die berig se dit agv die STERKER RAND en hoe Ru-Olie Pryse, maar as die Rand sterker word is dit goedkoper om Ru-Olie aan te koop? Lyk my die mense gryp sommer net na enige verskoning wat amper klink of dit ‘n goeie een kan wees. Net nog… Lees meer »

Lindtjies

Met die een hand streel hulle ons hare en met die ander hand trek hulle ons hare.

zoom zoom

Die storie Klink vir my na ‘n klomp bollie. So desember wag daar dan ‘n surprise vir motoriste.

Ek

Ek verstaan regtig nie hoe werk die petrol en diesel prys nie ek glo hulle verstaan dit nog minder Maar hoekom sal jy een van jou beste melk beeste te na kom Die petrol en belasting bees

Henk

Want petronet, die saa en transnet word gebruik om die anc te finansier