“Geen gronde vir kriminele klagte teen Zuma nie”

Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede 2014 Foto: Siyabulela Duda, GCIS (SAPA)

Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede 2014 Foto: Siyabulela Duda, GCIS (SAPA)

Die ANC het Vrydag gesê daar is geen gronde vir kriminele klagte teen pres. Jacob Zuma nie en die klagtes wat by polisiestasies ingedien is, is leë dade wat uit desperaatheid gedoen word.

“Ons is vol vertroue dat pres. Zuma nie in enige hof skuldig bevind sal word op die aanklagte wat deur die twee partye [DA en EFF] gelê is nie,” het Jackzon Mthembu, woordvoerder van die ANC, in ʼn verklaring gesê. “Selfs die polisiediens het geen gronde om die klagtes op te volg teen die president nie, gebaseer op die uitslag en finale verslag van die Openbare Beskermer en die interministeriële ondersoek.

Die Demokratiese Alliansie (DA) en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Donderdag kriminele klagtes van korrupsie teen Zuma gelê by verskillende polisiestasies ná die vrystelling van Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se verslag oor veiligheidsopgraderings by Zuma se privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal.

Die verslag, wat Woensdag vrygestel is, het bevind dat Zuma en sy familie onregmatig voordeel getrek het uit opgraderings ter waarde van R215 miljoen by die huis en onvoltooide werk wat op R36 miljoen beraam word.

Mthembu het gesê die klagtes is gelê om “publisiteit te soek”. “Die oorhaastige optrede deur die partye is ʼn bewys van desperaatheid en dat hulle na strooihalms gryp en bereid is om enigiets te doen en te sê gebaseer op vooroordeel,” het hy gesê. “Die president is nie in een van die verslae skuldig bevind aan korrupsie, wanadministrasie of onbehoorlikheid nie.”

Mthembu sê dit is ʼn poging om Zuma en die ANC te diskrediteer voor die verkiesing op 7 Mei.

Mmusi Maimane, woordvoerder van die DA, het gesê daar bestaan geen twyfel nie dat “die Nkandla-paleis op korrupsie deur die president en met ons geld vir die president gebou is”. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fanie van Heerden ·

Die superboef sal skotvry daarvan afkom want hy beheer die regstelsel met sy kaders op die regbank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.