Geen gronde vir regstappe oor verkiesingsplakkaat, sê DA

Die DA se verkiesingsplakkaat wat verlede week onthul is (Foto: Bhekikhaya Mabaso / African News Agency)

Die Demokratiese Alliansie het ʼn brief van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se prokureur ontvang ná die ANC ʼn klag gelê het oor ʼn plakkaat van die party met die woorde “The ANC is killing us”.

“Die OVK se bewering dat hulle namens die ANC in dié saak optree, is verwarrend en kommerwekkend,” het Solly Malatsi, woordvoerder van die DA, Sondag gesê. “Indien die ANC regstappe wil neem teen die DA oor plakkaat, kon hulle dit onafhanklik gedoen het en moes nie gebruik gemaak het van die OVK se regspan of hulpbronne nie.”

Die DA het die OVK versoek om duidelikheid oor die saak te verskaf voor hulle verder vorder. “Nog meer belangrik, die ANC het die klag by die OVK aanhangig gemaak omdat hulle waarskynlik die harde waarheid van die feite op die plakkaat ontken.” Die DA het verlede week die plakkaat onthul.

“Die plakkaat gedenk die lewensverlies deur die ANC se optrede en versuim in die Life Esidimeni-tragedi, die Marikana-moorde, onskuldige kinders wat in puttoilette gesterf het en duisende lewens wat verloor is weens ongekende misdaadvlakke,” het Malatsi bygevoeg.

“Die plakkaat wil die ANC-regering aanspreeklik hou vir die moorde op dié onskuldige persone wat hul lewens verloor het weens ʼn ongevoelige regering. Die DA het nie enige valse bewerings gemaak oor hul aanspreeklikheid nie en hom ook nie skuldig gemaak aan naamskending nie.

“Ons het die OVK skriftelik versoek om duidelikheid te verskaf in watter kapasiteit hul prokureurs in dié saak optree. Sodra ons daardie inligting ontvang het, is ons bereid om ons saak in die verkiesingshof te stel. Ons voer aan dat, om te sê die ANC is besig om ons te vermoor, is feitelik en onbetwisbaar. Die ANC vermoor Suid-Afrikaners.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hu ·

Waar is die boere en plaas werkers se name ooooo ja hulle is nie belangrik genoeg vir die DA nie

Cherokee ·

Interessante stelling wat jy maak. Ek hoop DA ondersteuners lees dit raak.

IK ·

Belangriker is die DA se jeugliga voorsitter en Noordwes se DA-man Joe McGluwa se aksies teen onse juffie by Schweizer.

Irma ·

Spinnekop web is die enigste manier om die ANC netwerk en aliansies te beskryf.

Ander Koos ·

instellings soos OVK, MRK e a is in werklikheid anc verlengstukke en dit is “wies brood jy eet, dies woord jy spreek”.

corne ·

DA wat doen julle aan plaasmoorde.Andwoord niks want julle soek ook die grond maar julle wul my stem he om my grond te vat dan mors julle geld op sulke snert plakate tiepies bla bl bl net DA is selfde as ANC geen verskil

CW ·

Jy verstaan tog nie, om plaasmoorde te beveg is tog rassisties

zoom zoom ·

Kyk maar net wat die DA in Tshwane doen. Net mooi niks. Daar is ‘n beter woord Om dit stem maar MM Sal my blok vir ewig

Kerneels ·

Die DA se daar is nie iets soos wit volksmoord nie. So hulle dink ook seker nie daar is plaasmoorde nie. Verder is hulle vreeslik bang om as ‘n wit party gesien te word so hulle sal nooit iets oor plaasmoorde se nie. Baie mense word vermoor op plase en oral maar hulle kies om politieke munt te slaan uit ‘n paar mense se dood om swart stem te kry.Plaasmoorde sal hulle dalk die wit stem gee maar hulle leef in die illusie hulle het dit elke geval so hoekom iets doen.

Melanie ·

DA kry nou van sy eie medisyne. Nie baie lekker nie, nê Musi?

Gert van Wierdapark ·

Da kom die Alibama…….en DA sien hul hul Ali-bama. Die PR van MM-hulle is maar eina! Miskien moet hul hulp by die Good People se party gaan soek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.