Geen groot brandstofskok voorspel

Foto: Brett_Hondow/Pixabay.com

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê syfers van die Sentrale Energiefonds skets ʼn lustelose prentjie van brandstofpryse en geen groot aanpassings in die brandstofprys word verwag nie.

“Die rand het met 13c effens verswak teen die Amerikaanse dollar sedert die Departement van Energie Mei se brandstofprys verrassend vroeg op Sondag 28 April bekend gemaak het,” het die AA in ʼn verklaring gesê.

Die vereniging sê die internasionale olieprys het ook wipplank gery. “Die gevolg is ʼn gemengde uitslag,” het die AA gesê.

Petrol kan moontlik aan die einde van die maand met 7c per liter daal.

“Diesel het slegter gevaar en ʼn effense styging van 12c per liter is ʼn moontlikheid.”

Die prys van paraffien kan moontlik met 9c styg.

Die AA sê die koolstofbelasting tree op 5 Junie in werking. Dit kan ʼn bykomende 9c by die prys van petrol voeg en 10c by die dieselprys.

“Ons hoop dat die nuwe regering dadelik sy beleidsagenda, wat ʼn direkte uitwerking op die brandstofprys het, sal uiteensit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

johan ·

Nou ja nog n manier om geld uit die mense te maak en sakke vol te stop..koolstofbelasting….

Boerboel ·

Baie verheug . Hoop dit bly nou daar en kom weer baie af. Dit raak nou werklik baie duur om te reis.

Boerboel ·

Stem saam Johan, die volgende belasting is seker omdat ons asem haal- Suurstof belasting !

BlinkStephaans ·

Dis maar net hierdie maand… volgende maand maak hulle weer op vir hierdie maand wat hulle min of geen gevat het… maar betaal sal ons betaal… as dit nie nou is is dit later.

GM ·

Ongelukkig daal kospryse nooit as petrol- of dieselpryse daal nie. En waarvoor word al die heffings aangewend? Nog ‘n bonussie of twee vir iemand se familielede wat net op hul alies sit?
Die besluitnemers word net al hoe ryker, en die belastingbetalers kan nie kop-bo-water hou nie. Wat ‘n wonderlike land om in te bly.

Elna ·

Dis net om ons verniet bly te maak. Met die ANC aan bewind gaan alles NOG duurder raak en dit raak ook net sekerre mense nie almal nie. Sekerre mense betaal steeds vir alles teen kosprys dis waarom hulle nie kla of betoog teen die prysse wat so styg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.