Geen hoësorgeenheid beskikbaar in Pelonomi-hospitaal

Die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein.

Die VF Plus eis dat die Vrystaatste departement van gesondheid dringend ingryp en toesien dat alle hoësorgeenhede in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein tot ‘n operasionele toestand herstel word. Tans is daar nie een operasionele hoësorgeenheid in dié hospitaal nie.

Devar Smit, lid van die VF Plus in die Vrystaatse wetgewer, het gesê tydens ʼn onlangse gesondheidsportefeuljekomiteevergadering in die Vrystaatse wetgewer het die hoof van die Vrystaatse departement van gesondheid, dr. David Motau, onthul dat slegs die hoësorgeenheid op die derde vloer van die Pelonomi-hospitaal operasioneel is. Die VF Plus het egter vasgestel dat dié eenheid as ʼn gewone hospitaalsaal gebruik word.

Die party het ʼn skriftelike vraag aan die Vrystaatse LUR van gesondheid, Montseng Tsiu, hieroor gerig. Die party veroordeel die swak gehalte van gesondheidsorg aan pasiënte wat nie private gesondheidsorg kan bekostig nie.

“Die haglike toestand van staatshospitale, soos Pelonomi, is ʼn verdere aanduiding dat die beplande Nasionale Gesondheidsversekering net nog ʼn mislukte ANC-projek sal wees,” het Smit bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Manie van Worcester ·

En ons wil nasionale gesondheids sorg deurdruk ten alle koste. Koppige kinders

Johann cb ·

En die regering wil gratis gesondheidsorg vir almal instel!

Martie ·

Ons is al oud maar wragtig ek gaan liewer stadig dood voor ek na n Staatshospitaal toe moet gaan wat dink hierdie land se President en ministers hulle voel niks vir nieand behalwe hulle self kan mos lekker gou oorsee gaan vir behandeling kom wys my of hulle ooit van n Staatshospitaal gebruik maak.

Duncan ·

Ek raai alle persone wat in die Pelonomi Hospitaal opgeneem word, om asb. hulle AVBOB doodskis ook saam te vat. Viva “Proudly Corrupt Free State Health Services” – julle kan nie eers `n kliniek en hospitaal bestuur nie en dan wil die korrupte ANC nog deurdruk met die “NHI”.
Gaan kyk maar na die onlangse “Report” van die “11 x Pilot Projects” in die nege provinsies van die NHI- een groot gemors en miljarde rand is in die water gegooi en korrupsie het hoogtyd gevier.

Marius ·

Oplossing!!!
Alle LP’ en Provinsiale wetgewers ens maw die soustrein mag slegs in staatshospitale behandel word.

Sien daar en gou gou is dit op standaard

Gemaskerde Sopbeen ·

Marius, vat jy die woorde nou uit my mond. Dit wat die regering aan die belastingbetaler voorsien, met die belastingbetaler se geld, moet ook die enigste diens beskikbaar wees vir die regering se amptenary. Elke minister en misister en hulle telge moet gebruik maak van openbare vervoer, publieke skole en staatshospitale……nie waar nie?

Liendempers ·

Stem 100% Marius. Die hele lot wat sit en slaap in die parlement en hulle afhanklikes (lekker gelag nou vir Sopbeen se beskrywing van telge) kan maar staatshospitaal toe. Ek is seker dan sal daar baie vinnig aandag aan al die probleme gegee word.

HPV ·

Onder die anc se plunderende en verwoestende aanslag het die land se infrastruktuur 25 jaar gehou, ‘n bewys hoe sterk alle infrastruktuur gevestig was. Die era van internasionaal bedel en bakhand staan het egter nou aangebreek! Viva anc, julle het alles asook alle hoop vernietig.

Sarie ·

In die apartheidsjare was dit beter in die staatshospitale se swartafdelings en waar gratis behandeling was.

Sarie ·

In die apartheidsjare het selfs swartes beter diens ontvang in die staatshospitale.

Linda ·

President Ramaposa het gespog toe hy die treinstelsel gaan beproef het, so wanneer gaan hy dieselfde met die staatshospitale doen?

Johanna Botha ·

Kan nie eers dit reg bestuur nie …hier kom n ramp met die NGV !

HPV ·

Johanna, hulle kon nie eers werkende rioolstelsels aan die gang hou nie, dan wil mense nog die doodstraf in hul hande plaas!

Jimmy ·

Did ANC sal nie luister nie. Nader die howe om hulle tot verantwoording te roep.

Peet ·

Die situasie by Pelanomi is nie ‘n ge-isoleerde geval nie. Volksgenote het al lyste van hospitale wat hulle vrekplekke noem.
Is daar dan niemand in die magsposisies wat die absolute waansin besef nie. Doktors in die opleidings fase kan nie wag om daaruit tekom nie.
As iemand in sewentigs is mens vreesbevange wat van jou verwag gaan word om behandeling te kry.
Jammer om te moet sê dat dit deel is van die sosialistiese visie. “Hou almal in ‘n neergedrukte posisie.” En iemand moet daarvoor betaal – die gewone gehoorsame belastingbetalers.

Pieter ·

Ons blankes kla maar ons betaal ons belasting getrou ons luister nie ons doen niks om trent dit nie hoekom kla almal dan so verstaan nie

Jan johannes meyer ·

Ek sien al daar staan 747 vliegtuie gereed op al die lughawens om die siek hooggeplaasdes te vat na dubai of canada of switzerland vir behandeling waar ons gewone mense stadig doodgaan in die staats hospitale met wurms in ons monde

jakes ·

Pelomoni hospitaal is maar net n goeie voorbeeld van hoe dit in 99% van staatshospitale lyk. As jy siek is of n operasie moet ondergaan moet jy maar liewer jou vriend of familie vra om jou te opereer of medisyne te gee want jou kans op oorlewing is veel groter as om n staatshospitaal te besoek.

KaterinaKat ·

@Pieter – Nou maar hoe moet ons ophou belasting betaal? Dit word dan van die salarisse afgetrek voor dit nog in die bank gaan?

kallie ·

Hierdie sogenaamde opgeleide verpleegpersoneel moet liewer gaan kyk hoe veearts klinieke operasioneel is. Dis skoon ,netjies,alles steriel hulle kan nie eens so ‘n diens aan mense bied nie. Watter skoonmaak proses word in teaters, en sale van staatshospitale gedoen,glad niks nie! My suster is onlangs in ‘n privaat hospitaal oorlede, sy het 5 ster behandeling gekry,die personeel het Nadat elke pasient teater toe is , die plek waar die bed staan met ontsmettingsmiddel skoon gemaak,toerusting,bedkassie ens. In staatshospitale kleef die gruwelikste kieme aan beddens en staalkaste,hoe kan pasiente ooit behoorlik genees? Kos is van so ‘n gehalte dat selfs honde dit nie sal wil vreet nie, Alles,alles is vieslik vuil,daar is nie respek vir niks nie,nie een self respek nie.

Alida ·

Die VF+ het goed gedoen met die verkiesing. Gaan inspekteer AL die staatshospitale en gee die ANC gas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.