Geen honde meer toegelaat ná Kaapse grysbok doodgemaak is

Argieffoto van ʼn Kaapse grysbok (Foto: Jimfbleak/Wikimedia Commons)

Stad Kaapstad het Woensdag gesê geen honde sal meer in die Park Island-deel van die Zandvlei-natuurreservaat toegelaat word nie. Dié reël is onmiddellik van krag tot 1 Januarie 2021.

Die besluit om ʼn verbod op honde te plaas in dié deel van die reservaat volg ná ʼn hond ʼn jong Kaapse grysbok Maandagoggend gejag en doodgemaak het.

“Die betreurenswaardige voorval het gebeur omdat die hond nie op ʼn leiband was nie – ʼn duidelike oortreding van die reservaat se reëls wat bepaal dat besoekers hul troeteldiere altyd aan ʼn leiband moet hou,” het Marian Nieuwoudt, burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike beplanning en die omgewing, in ʼn verklaring gesê. Die reël word ook duidelik by die ingang na Park Island vertoon.

“Dit kon voorkom gewees het as die eienaar se hond aan ʼn leiband gehou is. Ongelukkig is dit nie ʼn geïsoleerde voorval waar besoekers die reëls van die reservaat en Park Island verontagsaam nie. Ons het dus die besluit geneem om dié deel van die reservaat vir honde te sluit sodat die fauna op die eiland kan herstel en verdere skade aan sensitiewe fauna-bevolkings verhoed kan word.” Park Island is die tuiste van die Kaapse groototter, watermuishond, Kaapse grysbok, kleingrysmuishond, bontskilpad, slange en die westelike luiperdpadda.

Die voorval word ondersoek.

Honde sal weer vanaf 1 Januarie 2021 toegelaat word, het Nieuwoudt bygevoeg. Die publiek sal hieroor in kennis gestel word en die situasie sal gemonitor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Termiet

Maak die verbode permanent!!!! Vervolg daardie eienaar met mag en mening. Ek kan nie in plekke gaan stap met my honde wat ge oormerk is vir die doeleinde nie agv idiote wat nie hulle honde op leibande hou soos wat die regulasies bepaal nie.

Mad Mike die Rhodesiër

Die probleem is dat eienaars DINK dis veilig om hul honde ‘n kans te gee om te gee om te hardloop of hul besigheid agter ‘n bos te doen (sonder hul leiband) en dat hulle sal luister as hulle roep.. Ongelukkig is dit sekere honde se natuur om te jag en dan luister hul vir hul natuur en nie hul eienaar nie. (Soos sekere kinders wat eerder vir die duiwel luister…) Maak eerder die verbod permanent en laat die eienaars hul honde strand of parkie toe vat vir daardie draffie.

Wielspore

Swak besluit, hoekom nou die mense straf wat die reels nakom deur ‘n verbod op honde te plaas nadat ‘n onverantwoordelike persoon die reels oortree het, dit lyk eerder soos ‘n militere ingryping.

Miskruier

Doen iets aan die jagters met hul honde wat op kleinhoewes en plase jag.

Janee

Baie onverantwoordelik!…..as ‘n hond iets jag is daar geen keer.