‘Geen hulp uit SA’ voor sakeman in Mosambiek sterf

Francis Hanekom het maande lank gesmeek dat die Suid-Afrikaanse regering haar man, André, uit aanhouding moet help bevry. Foto: Facebook

Die vrou van ʼn Suid-Afrikaanse sakeman wat vroeg Woensdagoggend in aanhouding in Mosambiek gesterf het, beskuldig die Suid-Afrikaanse regering daarvan dat hy nie ʼn vinger gelig het om haar te help om sy lewe te red nie.

André Hanekom (61) se vrou, Francis, en dogter Andrie glo sy dood hou verband met ʼn beweerde sameswering om sy waardevolle grond aan die Noordkus van die land vir ʼn multimiljoenrand-ontwikkeling te bekom.

Andrie het Woensdag, enkele ure nadat haar ma haar, waar sy in Kameroen werk, laat weet het haar pa is dood, deur haar trane aan Maroela Media gesê haar ma het feitlik geen hulp van die Suid-Afrikaanse regering en spesifiek die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) gekry nie.

“Elke keer wanneer die Suid-Afrikaanse konsulaat in Mosambiek my ma wou help, het Dirco in Suid-Afrika hul pogings blokkeer.”

Francis, ʼn verpleegsuster, vermoed André is die naweek vergiftig, al het die polisie aangevoer hy het ʼn beroerte gehad. “My ma het vir hulle gevra of hulle dan dink sy is stupid om te glo dit was ʼn beroerte,” vertel Andrie. “Hy het bloed opgebring en het stuiptrekkings gekry.

“Toe my ma hom Dinsdag die laaste keer gaan sien het, was hy verlam, maar hy kon darem regop sit en praat.”

Sy vertel haar ma moes Saterdag en weer Dinsdag alles in haar vermoë doen om haar pa te sien. “Hulle wou haar nie by hom toelaat nie, tot die dokter eindelik dit reggekry het dat sy hom kon sien. Dit het net geen sin gemaak dat hulle haar nie by hom wou toelaat nie.”

Hul dogter Amanda, hier saam met haar pa, het hom nog Maandag op Facebook met sy verjaardag gelukgewens en die hoop uitgespreek dat hy binnekort veilig tuis sou wees. Foto Facebook

Vandat André op 1 Augustus geskiet en toe na ʼn onbekende plek van aanhouding geneem is, was haar ma deurentyd bang sy sou die owerheid so ontstel met al haar vrae en haar aandrang daarop om haar man te sien dat hy vir goed sou “verdwyn”.

“Uiteindelik was alles gereed dat hy hierdie week verhoor sou word, al is hy steeds nie aangekla nie en al was daar geen konkrete bewyse teen hom nie,” sê Andrie, “maar verlede week Saterdag is hy in die hospitaal opgeneem nadat hy maande lank van tronk na tronk geskuif is.”

Andrie vertel haar pa se gewese vennoot het haar ma twee weke voor André geskiet is, gebel om te sê hy gaan seerkry. “Sy eksvennoot wou sy grond hê vir ʼn multimiljoenrand-ontwikkeling. My ouers wou dit in die hof uitsorteer,” sê sy.

“Die onbekende mans wat hom aangeval en opgelaai het, het op sy bors gaan sit waar hulle hom pas geskiet het,” het Andrie Woensdag bewoë vertel. “Daarna het hulle met hom na ʼn veld gery waar van die mans een van hulle die hele tyd as ‘generaal’ aangespreek het.

“Nadat die staatsaanklaer Maputo toe is om uit te vind hoekom my pa aangehou word, het hulle gesê dis baie gekompliseerd. Al was dit ʼn valse arrestasie, het hulle hom twee weke lank in die vieslikste tronk aangehou.”

Sy sê haar ma het verwoed baklei om die Suid-Afrikaanse regering te oorreed om haar te help, maar al haar “gesoebat en gesmeek” was verniet.

Nadat André twee weke lank in die tronk op die kusdorp Pemba aangehou is, vertel Andrie, kon sy prokureur hom eindelik gaan spreek, maar net die volgende dag het hy uit die tronk verdwyn.

“My ma het ses maande lank uit haar kar geleef om vir my pa te baklei. Toe die hof beslis hy is onregmatig in hegtenis geneem, maar hulle hom nie wou vrylaat nie, het my ma gegaan om borgtog te betaal,” sê Andrie. Sy sê toe haar ma egter by die gevangenis kom, was haar pa nie daar nie.

Deurentyd, wanneer Francis die Suid-Afrikaanse regering om hulp gesmeek het, het hulle gesê daar is niks wat hulle kan doen nie, voer Andrie aan. “Hulle het nooit ondersoek ingestel nie. Hulle het ʼn onskuldige man in die tronk gelos. Eers die afgelope naweek het hulle gesê hulle sou help, en nou is hy dood.”

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Sondag in ʼn verklaring gesê sy het Suid-Afrika se hoë kommissaris in Mosambiek opdrag gegee om Hanekom se saak fyn dop te hou en hom in die gevangenis te besoek nadat sy familie haar laat weet het hulle is bekommerd oor sy welstand. Dirco het toe gesê “dit gaan goed” met Hanekom waar hy in aanhouding is.

Andrie vertel haar ma, wat nie Woensdag per selfoon in Mosambiek bereikbaar was nie, moet nog besluit waar sy haar man in Suid-Afrika wil laat begrawe, maar sy is vasbeslote om sy oorskot huis toe te bring.

Dirco se woordvoerder kon nie Woensdag telefonies bereik word nie. Maroela Media het skriftelike navrae aan die departement gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Gertryda ·

Hul was te besig om die 6 wat verdrink het se familie daar te vertroos

Thinus Erasmus ·

Dit kan in geen ander lig gesien word as openlike en ekstreme rassehaat nie, en voeg daarby kwaadwillige arrogansie.

Paul ·

Cyril, nou sal ek net graag van jou wil weet, jy wat beduie julle sal nie grondgrype in die land toelaat nie, wat nou van die boere wat vir lank in plaasaanvalle vermoor word, sal jy die boere en die mense binnelands die gemoedsrus kan gee dat julle uitvoering aan jou versekering sal gee? Ek meen nou, tot dusver het die plaasaanvalle nie afgeneem nie, dit gaan nou al vir ‘n paar jaal lank al so.

Paul ·

Ek het ‘n idee Cyril dink hy het net ‘n verpligting teenoor die SA burgers binnelands, kyk egter hoe mooi sien hy om na daardie vreemdes wat oor die jare die land uit die noorde binne gestroom het en hy kan nie eens na sy mense in nood in die buiteland omsien nie.

Riaan ·

Ek daag Maroela om die te plaas/ toe te laat.

Natuurlik sal hy nie gehelp word nie want hy is wit en afrikaans!

Cherokee ·

Riaan, dit word herhalend gesê en gepubliseer. Dit is nie oorspronklik nie.

Katvis ·

Dit is skokkend van lindiwe sisulu om nie hierdie man te gehelp het nie. There are no words for this

Hannetjie ·

Dis so eenvoudig…alle Suid Afrikaners…bly weg uit Mosambiek!! ‘Boikot’ deur nie daarheen te gaan met vakansie.Dit is hoe dit was met Zimbabwe…baie jare gelede .

JohanL ·

Stem saam met Hannetjie – bly weg uit Mosambiek.

Twee redes – dit is duidelik as iets gebeur die blanke geen hulp sal kry vanaf Dirco nie. So jy gaan aan jouself uitgelewer wees wat ons weet in Mosambiek katastrofaal kan wees. Tweedens is Mosambiek nogal afhanklik van toerisme. Deur weg te bly moet hulle maar dit aan die sakke voel as daar nie meer toeriste is nie. Menige SA’ners het oor die jare Mosambiek toe gestroom. Ek was nog nooit daar nie, maar ek is jammer die risiko is vir my net te groot – bly weg.

Koos ·

As ons nie ‘n regering het nie, wie vat dan jou belastinggeld, Woedend?

christa ·

al is ons land hoe korrup bly ek maar net hier. So jammer vir daardie gesin

rina ·

My innige simpatie vir julle as familie, dis a skeiende skande dat hierdie klomp “mense” in die parlement nie kon of eerder wou help nie, daar gaan ‘n dag kom wanneer die bordjies verhang gaan word, watch this space.

WitBlits ·

Al wanneer DIRCO help is as die naam Grace Mug is of die vel nie-wit is……

Jaap ·

Ok nou ANC regering help nou die vrou ook soos julle daai gehelp het wat verdrink het.
Of wag nee julle sal seker nie n vinger roer nie.
Sterkte aan familie.

Johan H. ·

Ek glo die wiel sal draaie,vir die wat ons n regering noem.

Andrea ·

Tragies, eks bitter jammer vir die gesin. So gehoop dit het anders geëindig. Eks bang vir Afrika. Dis vir my erg genoeg om hier te bly; ek begewe myself nie in die res van Donker Afrika nie.
Sterkte aan sy geliefdes.

Stuiwer ·

Hier is iets anders aan die gang. Net toe DIRCO wel instem om na maande te help, is die persoon oorlede. Toevallig?

Andrie ·

Ons voel ook so. Hulle het ons toe op die einde proebeer help, en dit was te laat.

Mariana ·

Ja dit is nogal darem ‘n snaakse toevalligheid, laat mens wonder. Net TE toevallig

James ·

Dirko beskerm dwelmhandelaars en mensesmokkelaars. As jy in daai kruisvuur kom. As ‘n dwelm-muil of as ‘n ontvoerde, gaan dirko ondersoeke aspris staak om diegene wat geld daaruit maak te beskerm.

Jepetto ·

Dis hoe Africa deboore is en dit is hoe hy sal sterf eendag Africa sal nooit maar nooit regkom nie dit sal net erger raak . Gaan kyk maar die geskiedenis vertel dit al vir meer as a 100 jaar

Ovvie ·

Kan nie help om te dink dat Afrika vrot is en altyd vrot sal wees nie. Die arme man. Daar is nie respek vir ‘n lewe nie en geen gevolge vir bose dade nie. Wat maak ons tog nog eintlik hier?

LH ·

Wat ‘n tragedie. . . Ek kan net dink hoe verskriklik die gevoel van magteloosheid was! Daar was hulp. . .maar dit was julle nie beskore nie! Mag hy nou in vrede rus, baie sterkte aan die gesin

Johan ·

Ek weet dit sal Nie die pyn verlig Nie maar kry regsverteenwoordiging pro bono en dagvvaar die patetiese regerings van beide piesangrepublieke!!!

Blaarman ·

Weereens net ‘n bewys dat hierdie kleptokrasie ‘n klug is. Moet hulle nie legitimiteit verleen nie!

Gerhard ·

Hoe daar nog mense is wat hoop het vir Suid Afrika gaan my verstand te bowe. Die blanke se noodlot is in die hande van ‘n onbevoegde regering wat lankal besluit het die blanke is gladnie belangrik en deel van van hulle toekomsplanne nie. Ons is met ons rug teen die muur.

Cathy ·

Ek is met afgryse vervul. Woorde kan nie beskryf hoe jammer ek voel vir hierdie gesin wat vir die res van hul lewe met hierdie gruwel moet saamleef nie. Ek kan net bid vir hierdie verlore siele – as kind van God sal ek myself moet dwing. Maar ek sal met hartstog vir die gesin se genesing bid.

RATEL ·

Net ons geld is goed genoeg en ons moet ons maatskappye oorgee, help werkskep, donasies, huishulp, tuinjong en en en. ANC maak my siek!

Eben ·

My innige simpatie aan die familie.

Ons huidige regering reageer net as daar baie omkoop geld betaal word. Dit is di Afrika manier van besigheid. As julle my nie glo nie, luister na die Bosassa sage.

JohanL ·

Eben – jy is 100% korrek – dis tragies maar dit is Afrika.

Ek weet van kollegas wat “omkoopgeld” saamneem as hulle vir werk na ‘n Afrika-land toe moet gaan – dit is nou veral vir gebruik by doeane. Dit is hoe dit werk.

Bosvarkie ·

Nou wat moet mens maak..? Glo in die Here is ons herder, en vat dag vir dag. Om uit die land te wil padgee kos BAIE geld, en mens sukkel klaar net om jou werk te behou en kop bo water te hou…
Sterkte aan daai gesin

Ken ·

Hoekom is almal verbaas??? As jy wit is in die land is jy laaste op die lys. Ons is nou in ‘n era van dominasie en afbreking van ‘n ras. Skrik wakker.

Riaan ·

@cherokee

Wat is jou storie? Weet jy ooit wat oorspronklik beteken?
Ek kry die idee jy dink jy is spesiaal, maar kan nie vir ‘n oomblik dink hoekom nie?
Baie “opinionated” maar se eindlik niks!!

Stripes ·

Daar is drie probleme. Hy is wit, is afrikaans en dit is ‘n verleentheid vir die anc regering wat nie hulp wou verleen nie. So ek glo dat hy wel vergiftig is om van hom ontslae te raak. Het vermoed iets is nie lekker nie toe hy na die militêre basis verskuif is. Nadoodse ondersoek sal wel meer lig op sy skielike dood werp.

My innige simpatie aan sy gesin, familie en vriende.

Hendrik ·

En weereens hou Lindiwe Sisulu haar dom – net soos sy ontken boere word buite verhouding baie in SA aangeval en vermoor, sal sy nou haar verantwoodelikheid in hierdie man se dood ontken. Ek wonder wat Walter Sisulu hiervan sou sê? Is dit die nuwe Suid-Afrika wat hy sou wou sien?

Theo ·

Indien dit ‘n swarte was was die hele regering daar maar omdat dit ‘n blanke is is daar niks gedoen nie.Kyk maar net na die klomp wat daar verdrink het.Daar is spesiale opdrag aan die burgemeester gee om alles net so te los en na Mosambiek te gaan.

JohanL ·

Renschia – Amen en dankie daarvoor. Hoop Linda neem kennis.

Anoniem ·

Was daar nie verlede week ‘VIER MANS’ wat in mosambiekse see versuip het nie, en toe is van die ‘HOOG-GEPLAASDE MENSE’ almal soontoe vir ‘n ‘GRATIS VAKANSIE’ om die drenkelinge se familie mos by te staan………………………JA GAAN KYK ‘N BIETJIE TERUG IN MAROELA MEDIA DAN KOM SE JULLE NOU WEER VIR MY DIT GAAN NIE OOR VELKLEUR NIE

VanAfrika ·

En wie is nou judgemental Anoniem, In die vorige berig met die lat wat se bene afgesit is deur sy wetsongehoorsaamheid toe vat jy almal uit wat kommentaar gelewer het en dit teengestaan het oor sy roekeloosheid. Wat doen jy NOU!!!! Jy mag nie hierdie mense judge nie, hulle mag doen wat hulle wil!!!

MW ·

Verbeel ek my of het ek iewers gehoor die plan is om die grens tussen ons,, Zim & Moz iewers in die toekoms te verwyder. Republiek van Azania te word, of soiets? Vir seker wag iemand om ‘n “kick back” te kry uit daardie verwagte projek. Waar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie … So spin die lot die storie altyd in hulle eie guns. Hierdie mafia van ons voel ‘n veer vir ‘n onderdaan, glo my, maak nie saak wat se kleur nie

moeks ·

Ek glo ook dit het te doen met sy eiendom of grond daar. Ek hoop van harte dat iemand die familie sal help sodat daar ‘n privaat nadoodse ondersoek gedoen kan word. Sterkte aan sy familie en naasbestaandes.

Mariana ·

Ja dit is nogal darem ‘n snaakse toevalligheid, laat mens wonder. Net TE toevallig

Johanna ·

Tragies. baie jammer dat jy geen hulp ontvang het nie. Rus in Vrede mnr !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.