Geen instapdiens meer by Pta-toetssentrums

Argieffoto (Foto: Arrive Alive)

Vanaf 1 Oktober 2018 sal persone nie meer sonder ʼn aanlyn bespreking by bestuurstoetssentrums in Pretoria kan opdaag nie.

Sheila Senkubuge, burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, het in ʼn verklaring gesê lede van die publiek moet kennis neem dat hulle vanaf 1 Oktober nie meer sonder ʼn afspraak by Watloo, Centurion, Akasia of Bronkhorstspruit sal kan opdaag om aansoek te doen vir ʼn rybewys, openbarevervoerlisensie of leerderslisensie nie.

Dié aanlyn besprekingstelsel is op 31 Augustus 2018 bekend gestel.

“Die nuwe stelsel gee aan aansoekers die mag om self die datum, tyd en plek te skeduleer wanneer hulle graag hul toetse wil aflê deur ʼn aanlyn aansoek te voltooi en die bespreking kan binne vyf tot 10 minute afgehandel word,” het sy gesê.

Die huidige proses beteken dat aansoekers tussen 140 en 180 minute lank in ʼn ry moet staan by die toetssentrums.

Sy moedig alle inwoners aan om van dié aanlyn stelsel gebruik te maak, omdat dit die lang rye sal uitskakel en doeltreffende dienslewering sal verseker. Aansoekers word aangeraai om minstens ʼn uur voor die tyd by die sentrum op te daag.

Sy het gesê aansoekers word ook aangeraai om ʼn sertifikaat van ʼn oogarts saambring. Dit sal slegs gebruik word indien die aansoeker die toets suksesvol voltooi. As die aansoeker onsuksesvol is, kan hulle dieselfde dag nog aansoek doen vir ʼn volgende toetsdatum.

Senkubuge sal van die sentrums volgende week besoek om eerstehands te sien hoe die nuwe aanlyn stelsel werk.

Skeduleer afsprake op die volgende webwerf: online.natis.gov.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

Ja shure? En wat van die mede burgers wat elkgeval opdaag met n “Afrika” verwagting van n geldjie hie hier en n geldjie daar en siedaar… die licence hy es ga issuw? Snaakste is… wees ten minste n uur voor die tyd daar??????? WHAHHAHAAAA!!!!!

Jakes ·

Sorry system is offline, website currently offline hier kom ons hahahahaha

willie ·

Ek hou van die idee, maar wat staan jou te doen wanneer jou afspraak nie nagekom word nie agv afrika redes!

Snowball ·

Laat net die ‘instap’ deel in die opskrif uit, dan verstaan almal beter.

Marinda ·

Ek het van die online bespreking gebruik gemaak om vir my seun se leerlinglisensie te boek, maar nou moet ons nog steeds ingaan om te gaan betaal. Kan mens nie ‘n internet betaling doen nie,.

m.d.r ·

Wat van lisensie hernuwings …? Dis eintlik daar waar die lang toue staan….!

Phillip ·

wat van die wat agtergebleewe is en nie internet het nie . ? weer eens diskrimeneer teen armes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.