Geen keer aan SA se Schoenmaker

Tatjana Schoenmaker in aksie. (Foto: Lee Jin-man/AP)

Suid-Afrikaanse swem se nuwe goue meisie, Tatjana Schoenmaker, het dit wéér gedoen.

Die 22-jarige swemmer het haar tweede goue medalje op dag twee van die Wêreldbekerbyeenkoms in Tokio gewen.

Schoenmaker se tyd van 1:06.54 in die 100 m-finaal van die borsslag het aan haar die voorste plek op die medaljepodium besorg. Japan se Miho Teramura (1:06.77) en Renoa Aoki (1:06.77) was kort op haar hakke.

Schoenmaker het gister die 200 m-borsslag met ʼn indrukwekkende nuwe Wêreldbeker-tyd van 2:22.35 gewen, ʼn verbetering op Viktoria Gunes se 2015-rekord van 2:22.87.

Dit is Schoenmaker se debuut by ʼn Wêreldbekerbyeenkoms. Sy neem môre ook aan die 50 m-borsslag deel.

Die Tokio-been van die Wêreldbeker eindig Sondag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Fantastiese Prestasie: Schoenmaker, “hou jou by jou lees” EN Swem!!!

Kobie Welgemoed ·

Baie geluk! Ons is so trots om iets positief van Suid Afrika te hoor. Mag dit die begin wees van nog meer en groter sukses.

Stephen ·

Jaco. Regtig? Ek glo nie wat ek lees in jou kommentaar. Dis nou olie op die vuur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.