‘Geen kernkrag voor geloofwaardige kragplan’

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het gesê hy neem kennis van min. Tina Joemat-Pettersson se besluit om die program vir nuwe kernkragkonstruksie en -bestuur aan Eskom toe te ken.

Wayne Duvenhage, voorsitter van Outa, sê dié besluit is geneem in die afwesigheid van ʼn geloofwaardige, bygewerkte Nasionale Geïntegreerde Hulpbronneplan vir energie.

“Suid-Afrika se energie-hulpbronneplan moes lankal reeds bygewerk en aangepas gewees het, en besluite oor nuwe energieprogramme soos Eskom se nuwe kernkrag- en steenkoolaanlegte is gebaseer op die verouderde energieplan van 2010. Dit bevat nie net verouderde syfers oor die aanvraag na elektrisiteit nie, maar ook verouderde pryse vir nuwe energie-tegnologie.”

Volgens Duvenhage toon die jongste WNNR-navorsing oor energie, saamgestel deur dr. Tobias Bischof-Niemz, Jarrad Wright, Joanne Calitz and Crescent Mushwana, duidelik dat géén nuwe kernkrag- of steenkoolaanlegte nodig is vir Suid-Afrika nie.

“Die navorsing is gebaseer op die jongste tendense rondom energie-aanvraag en die mees onlangse prysstrukture én doeltreffendheid van hernubare energiebronne soos sonkrag en wind, met gas as ʼn stabiliserende basis vir energievoorsiening. Deur gebruik te maak van ʼn kombinasie van sonkrag, wind en gas, sal Suid-Afrika se elektrisiteitsbehoeftes nie net meer as voldoende aangespreek word nie, maar dit sal ook beteken dat elektrisiteitspryse verlaag kan word.”

Duvenhage het gesê die Eskom-direksie onder die leierskap van Brian Molefe moet nou verduidelik hoekom hulle die ondertekening van ooreenkomste ingevolge die hernubare, onafhanklike kragprodusentverkrygingsprogram bly uitstel. “Eskom se optrede en onlangse praatjies rakende die oorhaastige kernkragbesluit, tesame met die WNNR-navorsing, toon dat hierdie staatsbeheerde instelling nie in die belang van Suid-Afrikaners optree nie. Die openbare beskermer se onlangse staatskapingsverslag dui ook op twyfelagtige optrede deur die Eskom-raad, wat weer eens dui op die irrasionaliteit van die kernkragbesluit.”

Volgens Duvenhage onderstreep hierdie nuwe inligting oor Suid-Afrika se vermoë om wel voortaan nuwe energie te verkry deur ʼn verhoging in hernubare energiebronne, die kommer oor die veeljarige prysvasstelling-metodologie vir Eskom se tariefverhogings. “Ons glo hierdie metodologie behoort deeglik ondersoek te word. Die proses rondom prysvasstellings het ʼn klug geword wat Eskom toegelaat het om die land se kragtariewe te verhoog, gebaseer op vals syfers rakende energie-aanvraag, asook verouderde pryse as dit kom by nuwe tegnologie. Eskom se strewe na buitensporige kragtariefverhogings ver bo die inflasiekoers is onnodig en nie in lyn met sy mandaat om in die publiek se beste belang op te tree nie.”

Outa gaan binnekort ʼn gekoördineerde burgerlike samelewingsinisiatief bekend maak waardeur ʼn beroep op Joemat-Pettersson gedoen sal word om alle toekomstige besluite oor nuwe energie-aanlegte op te skort totdat daar ʼn deeglik bygewerkte Nasionale Geïntegreerde Hulpbronneplan vir energie gereed is. “Dit moet geloofwaardig en rasioneel wees, asook deursigtig saamgestel. As die minister nie gehoor gee aan ons versoek nie, mag sy daarvan beskuldig word dat sy haar pligte en verantwoordelikhede teenoor Suid-Afrika versuim.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

bakoor ·

Tina moes al lankal geondersoek geword het. Sy is nie verniet een van zuma se favourite ministers. Wat het hulle 2 dan met die russe bespreek. Iets ruik soos n rot maar dit lyk nie soos n rot nie

JJ ·

Die regering en plaaalike regering kan nie eers die riool wat na ons riviere vloei beheer nie. Hoe gaan hulle dit regkry om die ook lewens gevaarlike radio aktiewe instalasies beheer???

Max ·

Mahmon bepaal hoeveel kernkragstasies gebou sal word. Vra die Zuptas .

John ·

Weet iemand of antie Joemat lief is vir goeie Indiese tee? Weet iemand wat is die kwalfikasies van antie Joemat? Weet iemand of antie Joemat kennis dra van kernfisika? Weet antie Joemat hoe ‘n kernkragsentrale werk? Het antie Joemat al die rampgebied van die Chernobil-kragsentrale in die Oekraine besoek? Wil iemand nie vir antie Joemat borg vir ‘n besoekie aan die oulike toeriste atraksie nie? Weet iemand watter ander ministerspos antie Joemat nog nie beklee het nie?

Vra maar net ·

Het sy enige iemand geraadpleeg toe sy àl ons olie reserwes teen ‘n verlies verkoop het? Sy net soos zuma gee géénsins om hoeveel skade hulle SA en die mensw berokken nie. Net solank persoonlike gewin verkry word

Johann Marx ·

Vra maar net…..sy het NIE al ons olie reserwes teen ‘n verlies verkoop nie? Ooooo…jy bedoel verlies vir ons? Sy en Namawan het R1,5 miljard gemaak…..dollars daarmee gekoop….Shaun the Sheep opdrag gegee om oom Parrafien aan te kla….die Rand het getuimel….die dollars is verkoop teen “regte wins”…en die klagte is terug getrek…en voila…geen “lening” nodig om vir sy kraal te betaal nie. En almal dink die man is dom….

PW Growee ·

Weet die Zuptas dat kernkragsentrales nie met steenkool werk nie?

Philip ·

Weet julle dat Eskom 212 c/kW betaal vir hernubare energie (wind en son krag) op die oomblik en dit aan die munisipaliteit verkoop teen 90 c/kW. So as die slim mense van die WNNR 300 c/kW wil betaal in 2025 kan ons maar gerus 20000 MW se wind bou….

Onthou ook net dat die Europese lande waar wind so lekker waai altyd net ‘n breker oop maak en kern energie van Frankryk en steenkool energie van Duitsland invoer. Waar gaan ons krag kry as die wind die dag besluit om nie te waai nie?

Ek is bitterlik terleur gesteld in die WNNR, as dit die kwaliteit werk is wat hulle deesdae doen vertrou ek niks meer wat uit hulle navorsing kom.

Rupert Ashford ·

DAnkie tog een ou met breins. wind en sonkrag verlaag NERENS krag pryse nie en is uiters onbetroubaar. Die WNNR manne is seker weer IPCC lakeie wat gerieflikheidshalwe nie hulle “grants” se oorsprong verklaar nie en ook nie die subsidies vir wind en sonkrag nie. Follow the money…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.