Geen Kerskouse vir vullisverwyderaars

Argieffoto

Argieffoto

Die vullisverwyderingsmaatskappy Pikitup het die inhegtenisneming van vier persone wat hulself in Kelvin, Johannesburg, as Pikitup-werknemers voorgedoen het, verwelkom.

Die verdagtes het glo Kersgeskenke van inwoners geëis. Hulle word aangekla van diefstal onder valse voorwendsel en sal binnekort in die hof verskyn.

Pikitup het inwoners van Johannesburg Woensdag gemaan om nie enige donasies of fooitjies aan werknemers te oorhandig tydens hul roetine-werk nie.

“Werknemers word verbied om enige Kersgeskenke van lede van die publiek te versoek, aangesien dit teenstrydig is met die maatskappybeleid,” het Ika Magasa, waarnemende besturende direkteur van Pikitup, in ʼn verklaring gesê.

Magasa het ook versoek dat persone wat hulself as Pikitup-werknemers voordoen of personeellede wat aalmoese vra of inwoners teister oor Kersgeskenke, rapporteer sal word.

Jacky Mashapu, woordvoerder vir die maatskappy, het versoek dat enige onreëlmatige aktiwiteit dadelik by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangemeld sal word of by die stad Johannesburg se 24 uur-tolvrynommer 0800 00 25 87. Inwoners kan ook ʼn e-pos stuur aan [email protected] of ʼn SMS aan 32840 teen R1.50.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lillian ·

Niemand wat vir enige instansie werk kry meer ‘n “krismis box” by my nie! Ons almal werk vir ons geld – charity begins at home – my home!

JZ Myburg ·

Allmal kry n salaris,en dit is nie klein nie ,grooter as by party waar gevrae word vir n krismis,so stop dit.groetnis JZ.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.