Geen kommer oor Koeberg ná aardskudding

Die Koeberg-kernkragsentrale. (Argieffoto)

Eskom het die publiek daarvan verseker dat daar geen kommer heers oor veiligheid by die Koeberg-kragsentrale buite Melkbosstrand naby Kaapstad ná Dinsdagoggend se ligte aardskudding van 3,5 nie.

Die aardskudding het sowat het 50 km Wes-Suidwes van die kragsentrale voorgekom en hoewel dit by Koeberg gevoel kon word, is die kragsentrale egter só ontwerp om ʼn aardbewing van 7 te weerstaan, sê Eskom in ’n verklaring.

“Die aardskudding van 3,4 is in terme van die Richter-skaal baie minder as 0,1% van wat Koeberg ontwerp is om veilig te weerstaan. Albei kernreaktors by Koeberg is op seismiese laers gebou, wat as skokbrekers dien.”

Die kragsentrale het dus te midde van die aardskudding normaal bly funksioneer met slegs ʼn geringe toename in vibrasie op die turbine-aangedrewe voerwaterpompe op albei eenhede.

“Die alarms van die kragsentrale se aardbewinginstrumentstelsel is nie geaktiveer nie aangesien die impak nie die drempel van die aanleg oorskry het nie, wat bevestig dat die skudding ver onder die ontwerpgrense van die kragstasie was.”

Geen skade aan die kragsentrale is tydens die aardskudding aangerig nie.

Maroela Media het vroeër berig die aardskudding het omstreeks 00:27, sowat 76 km noordwes van Kaapstad (41 km suid van Saldanha) plaasgevind.

Volgens Volcano Discovery was die skudding klein genoeg om nie enige skade aan te rig nie en talle persone het ʼn effense skudding tot so ver as 100 km van die episentrum gevoel. Binne die eerste uur het meer as 1 000 persone reeds aangemeld dat hulle die skudding gevoel het, ʼn bevestiging dat dit oor ʼn groot deel van Kaapstad gevoel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Strandloper ·

Ek vat maar my kanse…kom eerder om van bestraling voor ek weg trek.

Jaco ·

‘n aardbewing is die minste van Koeberg se probleme. Ek sidder eerder vir die dag wanneer een van eskom se regstellende aksie aangestelde werkers, wat aangestel is SONDER enige inagneming van kwalifikasies en ondervinding, die verkeerde knoppie by Koeberg kernkragstasie druk en die hele Kaapstad (4 miljoen mense) deur die gevare van nuclear meltdown bedreig word. Dit sal die chernobyl ramp van 1986 in die Oekraïene na ‘n vulletjie laat lyk.

annie ·

Soos Jaco sè, atoomkragstasies is problematies, en sou ‘n krisis ontstaan, is die Kaap nie meer Hollands nie en die Weskus se seewater nie meer net sout nie en die vis oneetbaar. Die gebied het voorheen ‘n katastrofiese aardbewing beleef en Eskom se woord is nie juis die betroubaarste op aarde nie. Volgens besoekers by Koeberg is die atmosfeer glo grootdoenerig, verhoogagtig. Feètjies is vollop; moeilikheid wat ‘n plek soek om te gebeur en nog ‘n groot trek noord soos in 1838… as daar tyd is.

tweeling ·

Annie, lees net mooi jaco se antwoord. Hy sê problematies vir onbevoegdheid, niks te doen met waar die stasie gebou is nie. Voordat Koeberg gebou is was daar baie debat oor waar dit gebou sal word en wat die effek van radio aktiwiteit besoedeling op die stad sou hê juis agv die noordwester. Die stasie het in 1984 begin werk en daar was nie een geval van radioaktiewe lek tot nou nie, ja daar was tegniese probleme maar weglaatbaar klein.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ek is dankbaar ek bly nie meer in Kaapstad of Durban nie.

Piet ·

Dis nogal vreemd dat die kragstasie juis op die sogenaamde “foutlyn” gebou is. Die foutlyn strek noord vanaf die kragstasie suid-oos waarts tot by Ceres-omgewing.

tweeling ·

Ja en weereens blaas die media die ding heeltemal uit proporsie uit. Hulle dink jy bou sommer ‘n kernkragstasie op enige plek sonder die nodige navorsing wat eers gedoen word. Plaas hulle skep ‘n positiewe ruimte om die mense gerus te stel deur die feite op die tafel te sit. Ek is seker daarvan die groenes het baie hiermee te doen dat die mense opgesweep word deur elementere twak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.